The Sanlam Boland Top12 final is set to take place this weekend at the Boland Rugby Stadium in Wellington. Included on the day will be the contesting of the Gemeenskapskild, Streekuitdaag, and Women’s competition final.
The first matches kick-off at 10h00 with Safcol United and Robertson Town facing off at 16h00. All matches will be broadcast live on the SuperSport Schools App.
We do not want you to miss any of the action and for added motivation, here are 12 main reasons why you should make your way through to Wellington:
Robertson Town and Safcol United have not lost a single match in this year’s Sanlam Boland Top12 competition setting the scene for an epic and memorable match.
2. Safcol United will be going for their third tournament win of the 2023 club rugby season.
3. This year was Safcol United’s first time in the Top12 competition.
4. Robertson are playing in their second final, previous one was in 2017 which they lost to Roses 48-24.
5. All matches on the day will be broadcast live on the SuperSport Schools App.
6. Spectators and fans attending the finals in Wellington stand a chance to win exciting spot prizes.
7. Three players – Connor Mahoney, Benjamin Dwayi, and Jovelian de Koker – who are all nominated more than twice in the Sanlam Confident Player, Back, or Forward of the Tournament, will play in the Sanlam Boland Top12 final.
8. The majority of the commentators part of the SuperSport team are regular Boland voices and names.
9. Experience the spirit of the ‘1.2 million’ Robertson Town supporters.
10. Spectators have the chance to form part of the matches during the lemonbreuke and halftime through the Sanlam Confident fan, Santam Dance Challenge, and Tekkie Town Dash.
11. See the Miss Boland Top12 announced after a careful selection and consideration from all Sanlam Boland Top12 clubs.
12. Purchase one ticket for R40 (adults) and R20 (children) and get to watch not only the Sanlam Boland Top12 final but three including the Streeksuitdaag, Gemeenskapskild, and Women’s division finals.
AS daar nou ’n rugbyklub is wat homself kan roem op ’n hegte familiebond is dit sekerlik Mamre.
En wanneer dit kom by familie en Mamre het die Sambaba-gesin beslis groot bygedra tot op dié Boland Groot Uitdaag-klub.
Soveel so dat Bernette Stadler (nooiensvan Sambaba) dit amper nog soos gister kan onthou hoe haar wyle pa, Paul, die grondwerk agter die skerms gedoen het om te verseker alles verloop vlot op wedstryddae en ander klubgeleenthede.
“My pa was destyds die coach gewees en dan was hy ook ’n ere-president van Mamre-klub. Sy twee broers het gespeel vir Mamre, dan het my oudste broer Ronald het ook gedien op die bestuur van Mamre en was ook vir jare ’n ref (skeidsregter) in die Boland,” vertel Bernette.
“Ons het sommer in die pad voor die veld gebly, so my pa het dit sommer op homself geneem om aan die begin van ’n seisoen en gedurende ’n seisoen seker te maak die (kalk)lyne op die word reg gegooi en die stadion word in stand gehou – amper soos ’n opsigter.
“Vir ons familie is elke Saterdag rugby. As daar weg van die huis gespeel word, dan gaan die hele familie uit met die bus en die hele familie gaan uit op die veld as daar rugby gespeel word. Ek het altyd saam met my pa veld toe gegaan op ’n Dinsdag en Donderdag as daar geoefen word. Dit was al wat ons geken het… rugby.”
So aansteeklik is die Sambaba-gesin se liefde vir rugby en Mamre-klub dat Bernette self danksy dié sport die liefde van haar lewe en jarelange eggenoot sou vind en ’n voorstander van klubrugby by Mamre maak.
En dié liefde het sommer op die skoolbanke begin pos vat, toe sy en Kennith Stadler mekaar die eerste keer die blou in mekaar se oë probeer raaksien.
Foto: Lathim, Bernette, en Kennith Stadler.
“Ek en Kenny ken mekaar al nou al vir 28 jaar,” gaan sy verder. “Hy en my broer was saam op skool en hy kom actually van Darling, maar ons het mekaar toe by Robinvale High ontmoet. Kenny het toe begin speel vir Mamre en so is ons toe later ook getroud. Ons het vier kinders saam, waarvan die oudste, Caine, by CPUT studeer en rugby (Varsity Shield) speel.
“Hy (Kenny) het vroeer die jaar besluit hy is nou klaar met rugby speel toe hy ’n skoueroperasie moes ondergaan. So terwyl hy nog gespeel het, was hy ook met coaching by ons sewesspan betrokke en ook so bietjie afrigting by ons eerstespan gedoen, waar hy meestal met die forwards gewerk het.
“Vroeër die jaar het daar groot veranderinge gekom en is daar besluit om nuwe coaches aan te stel, met Kenny wat toe as die hoofafrigter oorgeneem het.”
Bernette self is nie net betrokke as een van die grootste ondersteuners van Mamre-klub nie.
Sy is sedert 2020 aangestel as die klub se sekretaris nadat sy voorheen ook gedien het as ’n lid van die funksie-komitee.
Intussen blyk dit ook Kennith het die regte besluit geneem om die toks weg te pak en sy kennis van die spel met die spelers te dien, met Mamre wat dié jaar hul gootste verwagtinge oortref het.
Dit was om vir die Boland Groot Uitdaag se Sanlam Boland Top12 te kwalifiseer nadat hulle uit ’n baie kompeterende Weskus-streek daarvoor gekwalifiseer het.
Ofskoon Mamre net een game gewen het gedurende dié Sanlam Boland Top12, was dit volgens Bernette genoeg vir die klubs om te kan droom van groter sukses in toekomstige seisoene.
“Om deel te kon wees van die Sanlam Boland Top12 was vir ons heeltemal iets anders,”verduidelik sy. Om te weet jy het sukses behaal en kon voel wat dit is om aan die Sanlam Boland Top12 deel te neem, was fantasties. Ons het as klub in 2013 – toe dit nog die Top-8 was – daarvoor gekwalifiseer. So 10 jaar later het ons die Sanlam Boland Top12 gehaal maar nou wil ons gaan seker maak dit word ’n gereelde ding en daar word na hoër sukses (die Groot Uitdaagbeker) gemik.”
Ofskoon daar by Mamre na goter sukses gestrewe word, is een van Bernette se trotse oomblikke nog toe sy sien hoe haar man en seun (Caine) saam vir Mamre-klub in ’n wedstryd kon uitdraf.
“Joh, woorde kan dit steeds nie vir my beskryf nie. Ek het onlangs net vir iemand gesê as my pa net kon geleef het om daardie moment te kon sien, sou vir my nog groter gewees het.
“Kyk daar was op daai dag nie woorde nie, net die trane wat so by my wang afgerol het.”
Rugby uit die boonste rakke was aan die orde van die dag Saterdag, 25 November in die Sanlam Boland Top12 semi-finale op n vol gepakte Boland Stadion in Wellington.
In ons eerste semi-finaal het Safcol United van Grabouw behoorlik sy stem dik gemaak en die vloer gevee met Darling. Dit het behoorlik drieë gereën en die Swartlanders kon nie al die gate toe stop nie. Hierdie wedstryd het geëindig 68-38 in die Overbergers se guns. Hiermeer het Safcol nou n duidelike boodskap gestuur, dat hulle baie ernstig is oor hul voornemens om as die algehele kampioen gekroon te word.
Daar was heelwat drama tot aan einde in die tweede semi-finaal, toe Robertson met 32-29 aan die wenkant was teen Wesbank in baie spanningsvolle wedstryd. Dit het in die eerste helfte gelyk asof Robertson met die wedstryd gaan weghardloop na hulle met die draaislag 25-8 voor was.
Wesbank het egter nie gaan lê nie en het met n goeie terugveg poging in die tweede helfte verseker dat hierdie wedstryd eers in die finale sekondes beslis sou word . Daardie laaste paar minute het toeskouers op die punte van hulle stoele gehad met Wesbank wat verwoed aangeval het. Robertson het egter kalm gebly en seker gemaak hulle speel volgende week in die finaal teen Safcol.
Die Sanlam Boland Top12 finaal asook die Gemeenskapskild, Streeksuitdaag, en Vroue finale word almal regstreeks op die SuperSport Schools App uitgesaai. Alle wedstryde vind op die Boland Rugby Stadion plaas. Afskop tye sal later in die week bekend gemaak word. Hou gedurig die Boland Rugby Unie se Facebook blad dop.
John Booysen, assistent afrigter van Robertson Town, glo hulle sal vir Dashton Wellman en Gavern Skippers in Wesbank se agterlyn fyn moet dophou wanneer dié spanne Saterdag in die halfeindronde van die Sanlam Boland Top12-reeks kragte meet.
Wellman, Wesbank se kaptein en losskakel, word deur Booysen as “absoluut briljant” beskryf.
Foto: Generaal van Wesbank RFC, Dashton Wellman gaan fyn dopgehou word. Foto: T-Joyous Photography
“Sy taktiese skopwerk is goed en hy het verbysterende vaartversnelling. Jy moet hom nie ’n kat se kans gee nie. Skippers, hul buitesenter, is ’n baie skeppende speler. Hulle het ander ouens wat ook vrae aan ons sal stel, maar ons is beslis reg om met ’n teenvoeter vorendag te kom.”
Booysen wil volhard met die gestruktureerde rugby wat hulle die groepfase onoorwonne laat afsluit het. Hy is glad nie ’n voorstander van individualisme nie.
Foto: Robertson Town assistent afrigter, John Booysen. Foto krediet: Jayden Van Der Merwe
“Ons het nie spelbrekers soos byvoorbeeld Connor Mahoney van Safcol nie. Ons het egter spelbrekers in elke situasie. Ons doen alles binne spanverband. Die span kom bo alles,” sê hy.
Booysen wys daarop dat die suksesvolle Worcester Villagers en Roses United-spanne van die onlangse verlede in gestruktureerde rugby eerder as vrygeestige chaos gesetel was.
“Sodra jy gestruktureerde rugby in die Boland speel, is jy suksesvol,” sê hy.
“Meeste van die Boland-ouens hou can chaos. Dis hoekom ons die beste klubkompetisie in Suid-Afrika het, maar die probleem is dat ons juis daarom nie op nasionale vlak in die Gold Cup ons man kan staan nie.
“Dít hou vir my die sleutel – struktuur teenoor die chaos-rugby wat meeste afrigters in die Boland opdis.”
Booysen voeg by dat hy nie ’n evangelie preek van spelers in dwangbuise plaas nie.
“Ek hou van die gedagte om jouself uit te leef, maar as jy binne ’n struktuur speel, weet die speler wanneer en waar hy die bal gaan kry,” sê hy.
“Dis nie dat jy met vooropgestelde idees moet gaan speel of vier fases vooruit moet beplan nie. Dis glad nie wat ek sê nie. Jy speel nog altyd die situasie, maar dis belangrik dat jy elke geleentheid moet kan aangryp. Jy moet binne die chaos orde kan skep.”
Dat Booysen se metodes tot dusver in die Top12 werk, ly min twyfel. Drie van die vyf oorwinnings was wel broekskeur – met ’n punt teen Saldanha Bay (25-24), twee teen Roses United (32-30) en ses teen Darling (30-24). In hul ander wedstryde het Robertson die Eagles met 77-36 kafgedraf en vir Hawston met 45-35 verslaan.
Hy sê dat sy span sielkundig sterk is en nooit tou opgooi nie.
Terselfdertyd is die besef daar dat hulle tot die uiterste toe beproef sal word deur Wesbank.
“Dis belangrik dat die ouens wat ons spel dryf op kritieke tye die regte besluite neem. Klein oomblikke kan bepalend wees. Veral teen ’n span soos Wesbank. Hulle is vlymskerp agter en mededingend in die skrums en lynstane,” sê Booysen.
“As ons generaals die regte besluite neem oor wanneer en waar ons gaan aanval, en watter spasie ons gaan aanval, en ons taktiese skopwerk in die kol is, behoort ons goed te vaar.”
Confidence Rule #20: Preparation is always the best preparation.
By Millin Thomas | Photo credit: Farron Jade Middleway
The Sanlam Boland Top 12 tournament recently witnessed an exhilarating level of competition that hasn’t been seen in years. Teams were on the edge of their seats as they fought for a spot in the knockouts until the very last minute. The intensity was palpable, with every team realising that every minute mattered.
We chatted to coaches Neil Papier (Darling), Warren Johnson (Hawston), and Brendon Cloete (Safcol United). We asked them what confidence in their clubs looks like.
Coach Neil Papier has a firm belief that confidence and hard work go hand in hand, a philosophy that has proven successful for his team. With 80% of his players having previously experienced the semifinals, they know what to expect and are well-prepared for the challenges ahead.
Darling RFC Head Coach, Neil Papier. Photo credit: Lizette Smit
According to Coach Papier, this year’s Sanlam Boland Top 12 tournament has been the best one yet. The broadcast coverage of all the games has allowed players to showcase their talents to a wider audience. Reflecting on the tournament’s format, Coach Papier has nothing negative to say, indicating his satisfaction with the current structure. Currently in his fourth year as the coach of the Darling Rugby Club, Coach Papier’s experience and expertise have undoubtedly played a significant role in his team’s success.
Coach Warren Johnson led his team with a strong sense of confidence in the Sanlam Boland Top 12 tournament. He firmly believed that with a bit of luck, his team could have gone all the way this year. The competition had been exceptionally tough, especially in Group A, where the top two teams were determined on the very last matchday. Coach Johnson expressed his admiration for the level of competition and praised the teams for their exceptional performances.
Hawston RFC Head Coach, Warren Johnson. Photo credit: Tertia Ess
When asked about the current format of the Sanlam Boland Top 12, Coach Johnson had nothing negative to say. He acknowledged the fairness and excitement the format brought to the tournament and expressed his satisfaction with its organisation. 2023 marked Coach Johnson’s first year as head coach, but his involvement in rugby dates back to 2013. Despite being new to the head coaching role, he brought valuable experience and insights to the team, helping them navigate the challenges of the tournament.
Coach Brendon Cloete believes that confidence is a simple concept to understand – it is about believing in the system that is in place, having faith in your players and coaching staff, and being confident in their abilities. As the head coach of Safcol, he understands the importance of instilling confidence in his team and creating a supportive environment.
Safcol United RFC Head Coach, Brendon Cloete. Photo credit: Farron Jade Middleway
With Safcol’s first year in the knockouts, Coach Cloete can only base his opinion on this year’s performance. However, he is thrilled with the exposure both the players and coaching staff are receiving. The opportunity to play in the knockouts provides a valuable learning experience and helps them grow as individuals and a team. Coach Cloete is eager to see how they perform under pressure and believes that this exposure will be invaluable in their development.
Appointed as the head coach in 2022, this marks Coach Cloete’s second year in the position. He has had time to settle into his role and establish his coaching philosophy. With his experience and passion for the game, Coach Cloete aims to continue guiding and motivating his team to reach new heights.
Coach Cloete began his coaching journey at the Cheetahs Rugby Klub, which currently competes in the esteemed Gemeenskap Skild tournament in the Overberg region. This experience laid the foundation for his coaching career, allowing him to hone his skills and develop a deep understanding of the game.
In 2017 and 2018, Coach Cloete took the reins at Grabouw Rugby Club, where he showcased his coaching prowess and made a significant impact on the team.
His time at Grabouw Rugby Club served as a stepping stone for Coach Cloete, propelling him towards greater opportunities and recognition within the rugby community.
Kyk jy na die puntelyste in die Sanlam Boland Top12-reeks, sal Safcol as die oorweldigende gunsteling beskou word vir Saterdag se halfeindtryd teen Darling in die Boland-stadion in Wellington.
Neil Papier, afrigter van Darling, skets egter ’n ander prentjie vir diegene wat sy span durf afskryf.
“Niemand gee ons ’n kans in die [Sanlam Boland] Top12 nie. Dit was maar dieselfde in die Liga gewees. Ons was altyd die buiteperd en mense het ons afgeskryf. Ons put definitief motivering daaruit,” sê hy.
Papier meen verder dat al die druk op Safcol is. Saffies het al vyf hul ligawedstryde gewen, terwyl Darling die halfeindronde gemaak het met drie wenne en twee nederlae.
“Ek dink Safcol voel die druk. Hulle het hul vriendskaplike wedstryde, die liga en Paastoernooi gewen. Hulle soek hierdie beker, sê hulle. Hulle gaan die druk beslis voel. Tagtig persent van my spelers weet hoe om in (die Boland-stadion) in Wellington te speel, waar Safcol as ’n span nog nie daar was nie.”
Darling se karakter het in die Sanlam Boland Top12 se ligafase sterk deurgekom met ’n weg-oorwinning van 41-38 oor Saldanha Bay nadat hulle ’n week vantevore op hul tuisveld met 37-40 teen Hawston verloor het. Papier se troepe moes ook op hul tuisveld met 24-30 die knie voor Robertson buig, maar die wenne oor Saldanha Bay, Roses United, en die Eagles span in Vanrhynsdorp was genoeg om hulle in die halfeindronde te kry.
Papier sê dat hulle ’n plan het om Saffies se briljante heelagter, Connor Mahoney, in toom te hou.
“Ek sê altyd moet hom geen balbesit gee nie. As ons skop, moet dit contestable wees. As jy swak skop, moet jy goeie opvolglyne hê om hom te stop. Of jy skop glad nie. Hou die bal net en sorg dat hy uitsluitlik verdedig,” sê hy.
“Ons het oor Mahoney gesels, dat ons dink hy een van Safcol se sterk punte is. Hy gee hulle momentum en verskaf die x-faktor in hul span.”
Papier meen dat Safcol se vermoë om die situasie met briljante individue te speel, hulle gevaarlik maak.
Hy is egter stilletjies vol vertroue dat die pyle in Darling se koker genoeg sal wees.
“Hulle gaan ons beslis in die vaste fasette moet keer. Ons skrum en dryf goed. As hulle ons nie daar kan keer nie, gaan dit ’n moeilike Darling-span in hul gesigte wees!,” sê Papier.
“Safcol is ’n briljante span met puik individue, maar ons het die ervaring. As ons speel soos ons moet, met ons spelpatroon en strukture, dink ek ons sal die knoop deurhak.”