Rugby se Mooiste Storie – Week 1

Admin se twee wedstryde van die naweek: Groep A- Roses vs Vredenburg en Groep B- Saldanha vs Villa, maar kom ons kyk na elkeen van die ses wedstryde.

GROEP A

ROSES UNITED vs VREDENBURG

Herhaling van die twee spanne se openings wedstryd in 2025, Roses was toe die oorwinnaar naelskraap met 33-32. Roses United was 2025 se Sanlam Boland Top12 naaswenner. Vredenburg kan nog nie in die huidige formaat, verder as die groepfase vorder nie.

Senter Waylin Meyer van Vredenburg is sy span se voorste driedrukker met 6 drieë in die liga.

Agterste driehoek van Roses United, Burton Booysen, Jayden van Wyk en Easton Arendse was verantwoordelik vir 55 van van Roses se 170 driee in die liga. 32% van die drieë.

HAWSTON vs ABBOTSDALE

Hawston was 2016 die Boland Kampioen tans Overberg kampioen en maak sy terugkeer, sy laaste verskyning was in 2023. Abbotsdale is terug na ’n nagmerrie: 2025 Sanlam Boland Top 12, waar hulle nie een wedstryd kon wen nie.

Hulle kon nog nie uit die groepfase kom nie en het in 2024 en 2025 in hul groep 5de geëindig. Dit is die Lillies se derde agteropeenvolgende Sanlam Boland Top 12.

Abbotsdale vleuel Dowan Mahoney spog met 18 driee die seisoen. Inspirende Hawston kaptein Brendon Hunter lei van voor vir sy span en is hul top driedrukker met 18 drieë die seisoen.

ROBERTSON vs DELICIOUS NW

Die 2024-kampioen en laasjaar se semifinalis Robertson sal weer in 2026 se veldtog begin as een van die gunstelinge. Delicious NW kon nog nie n wedstryd wen in die Sanlam Boland Top12 dus was hulle nog nie verder as die groepfase.

Losskakel van Robertson Colin Willemse was die voorste puntemaker in sy streek met 294 punte die seisoen. Vleuel van Delicious Devon Fortuin was algeheel die voorste driedrukker in die 2026 Grootuitdaagbeker met 38 drieë.

GROEP B

WESBANK vs SAFCOL

Wesbank gaan die jaar weer na soveel jaar, die span wees wat al n paar keer in die uitkloprondtes gedraai maar kon nog nooit die groot prys wen nie. Safcol United is die 2023 kampioen, toe hy die Sanlam Boland Top12 in sy eerste probeerslag gewen het. Verlede jaar was nie n goeie veldtog vir Saffies nie, toe hy nie kon kwalifiseer vir die semi-finale.

Spanne het kragte in Rondte Een van die 2023-uitgawe, toe Safcol 21-15 aan die wenkant was in ‘n sopnat Grabouw.

Jy hoef nie verder te kyk as die vuurvreter agsteman van Safcol Benjamin Dwayi om die vuur aan te steek vir sy span nie.

Dwayi se stryd met die jong opwindende Keanon Solomons sal een vir die boeke wees. Die agsteman van Wesbank spog met 18 drieë die seisoen.

INVINCIBLE vs BELLA VISTA

Invincible maak sy debuut die jaar in die Sanlam Boland Top12 na hy die jaar gekroon was as die Noordweste kampioen. Die Swartes soos hulle bekend staan van Vredendal, sal n goeie debuut wil beleef.

Bella Vista maak sy terug keer na die Sanlam Boland Top12 na hy in 2023 laas in die gesogte toernooi gespeel het. Die span van Ceres het 2022 in die finaal omgedraai toe hy vasgeval teen Saldanha. Die mannne van Ceres sal een wil beter gaan as in 2022.

Die veelsydige agterspeler Jaybreano Swartz van Bella Vista is een vir die toekoms en n opwindende speler wat toeskouers op hul voete het as hy die bal raak.

Diago Miggel losskakel van Invincible sal die toutjies trek vir sy span, hy het 22 keer oor die doellyn gegaan die jaar en sal wys hoekom hy so hoog aan geslaan word.

SALDANHA v MULTISURE VILLAGERS WORCESTER

Die driemalige verdedigende kampioen skop sy veldtog af teen Multisure Villagers Worcester tuis in Saldanha, n plek waar hulle nie maklike getroef word nie.

Die besoekers spog self met vier Boland titels en sal begeesterd wees om hierdie die knoop deur te haak nadat hulle in 2024 in die finaal en 2025 in die semi-finaal omgedraai het.

Hierdie is n herhaling vam die 2025 semi finaal toe Saldanha met 39-27 baas was.

Villa het egter goeie herinneringe aan Saldanha nadat hulle die tuisspan verlede jaar in die Paastoernooi kafgedraf het

Die besoekers is ‘n span wat goed as ‘n eenheid speel en hul pak voorspelers is een van die beste in die Boland. Hulle sal weer staatmaak om die agtal om hulle op die voorvoet te plaas.

Kaptein en senter Samuel Greyling lei hierdie span met lof. Die klipharde speler ken net een pad en dit is vorentoe; hy behoort weer ’n handvol op verdediging en die aanval te wees.

Write what you are looking for, and press enter to begin your search!