Voorskou vir Week 3 – So staan sake

Admin se twee wedstryde van die naweek: Groep A- Robertson Town vs Roses United en Groep B- Wesbank vs Saldanhabaai, maar kom ons kyk na elkeen van die ses wedstryde. Die livestream links is ook hieronder – kliek op die twee spanne se name wat in oranje ge-highlight is.

GROEP A
Robertson vs Roses United

Robertson is na verlede week naweek met sy rug te muur en loop die gevaar, om vir die eerste keer sedert na Covid die semi-finaal mis te loop indien hy die naweek vasval. In sy pad staan ‘n begeesterde Roses United wat na twee weke onoorwonne is met maksimum punte.
Hierdie twee klubs is geen vreemdeling vir mekaar in die kompetisie nie, hulle het laasjaar in die semi-finaal kragte gemeet met Roses wat 30-25 aan die wenkant was.


Losskakel van Robertson Collin Willemse was sy span se voorste puntemaker in die liga en is tans in derde plek in die Sanlam Boland Top12 met 21 punte. Asha Zeeman, skrumskakel van Roses United, het almal aan die praat met sy skitter spel in vanjaar se kompetisie, hy spog alreeds met 3 drieë. Hy gaan fyn dopgehou moet word.

Hawston vs Vredenburg
Die laaste keer toe Hawston SVN (Skrik Vir Niks) deel geneem aan die kompetisie, was in 2023 en dit was die jaar tevore (in 2022) toe Hawston semi-finale gehaal het. Hierdie naweek kry Skrik Vir Niks ‘n geleentheid om ‘n groot tree daarheen te gee met ‘n oorwinning oor Vredenburg. Dit gaan egter nie maklik wees nie, soos Vredenburg ons verlede week gewys het na ‘n sege oor Robertson. Die manne van die Weskus sal vasbelote wees om hul kanse lewend te hou vir ‘n plek in die semi-finale. Die sal die eerste kragmeting tussen die twee klubs wees in die Sanlam Boland Top 12.

Heelagter Brenton-Lee Dickson was tot op hede, Hawston se beste speler die jaar. Elke keer wanneer hy aan die bal of by sy agterlyn aansluit dan gebeur dinge vir sy span. Die veelsydige Gregan Papier is tans die voorste puntemaker in die Sanlam Boland Top12, sy goeie spel het aan hom die Sanlam Confident Player besorg teen Robertson die afgelope naweek.

Abbotsdale vs Delicious NW
Abbotsdale het so byna-byna die afgelope naweek verras toe hy vasgeval het Roses United. Dit was ook die geval vir die besoekers van Clanwilliam, toe hulle vir lang periodes teen Hawston meer as hul man gestaan het. Beide die twee klubs soek steeds na hul eerste sege in vanjaar se kompetisie, dit kan ‘n goeie resep wees vir ‘n goeie wedstryd.

Verlede jaar het die in eerste wedstryd van die kompetisie kragte gemeet op Clanwilliam in ‘n wedstryd wat 22 elk gelykop geindig het.
Die twee loskakels aan beide kante Persual Abdol en JP Viviers gaan belangrik wees in die wedstryd. Dit is twee spelers wat rigting moet verskaf aan die twee klubs se aanvalle, beide spanne het nog nie heeltemal op volle silinders gevuur nie.

GROEP B
Wesbank vs Saldanhabaai

Twee ou bekendes ontmoet mekaar wanneer Wesbank en Saldanhabaai swaarde kruis, Wesbank is nog op soek na sy eerste sege in vanjaar se kompetisie. Saldanhabaai het ‘n goeie begin tot die toernooi met twee seges. Die tuisspan moet wen om sy kans lewend te hou vir ‘n semi-finaal plek, terwyl Saldanhabaai met ‘n oorwinning sy een voet in die semi-finaal sal plaas. Dit sal die eerste keer na sewe jaar wees, dat die twee klubs weer kragte meet. Die laaste keer toe twee klubs in ‘n betekenisvolle wedstryd kragte gemeet was in die 2019 Saldanha Paastoernooi waar Saldanhabaai met 50-17 aan die wenkant was.

Emrique Liedeman, skrumskakel van Wesbank, sal een wees om dop te hou. Die voormalige SA Skole en Sanlam Boland U21, is ‘n speler wat ken van groot geleenthede en groot wedstryde. Vleuel Sinethembe Nkolomba was deel van die Sanlam Boland u21 groep, hy het verlede naweek gewys in Saldanhabaai se sege oor Bella Vista hoe gevaarlik kan hy wees met bal in hand.

Invincible vs Multisure Villagers Worcester
Die Sanlam Boland Top12 kan ‘n genadelose toernooi wees, dit het Invincibles die afgelope besef na ‘n groot loesing teen Safcol. Elkeweek gaan jy op aller beste moet wees, in die openingsweek was Invicible skitterend maar verlede naweek was hulle nie op hul beste. Dt word nie makliker die naweek met Multisure Villagers Worcester wat kom kuier op Vredendal. Die besoekers het hul eerste sege laasweek behaal en sal wil voortbou op verlede week se vertoning.

Hierdie sal die eerste kragmeting tussen hierdie twee klubs wees.

Invicible Vleuel Vinzel Nel is tans die voorste driedrukker in die Sanlam Boland Top12, hy het ‘n driekuns in die eerste wedstryd gedruk en het weer verlede agter die pale gaan kuier. Hierdie speler kan ‘n groot gevaar wees, as hy te veel spasie gegun word.
Gurshwin Africa het verlede week gewys, watter groot verskil sy ervaring bring na Multisure Villagers Worcester. Die skrumskakel is een van die mees ervare spelers in die kompetisie, sy kalm benadering kan weer deurslaggewend vir sy span.

Bella Vista vs Safcol United
Hierdie wedstryd beloof om ‘n grote te wees wanneer Bella Vista en Safcol mekaar in die oë gaan kyk. Bella Vista is effe met sy rug teen die muur na verlede week se nederlaag teen Safcol, en sal die wedstryd moet wen indien enige seggenskap verder in die kompetisie wil hê. Safcol is onoorwonne en baklee tans die voorste posisie in Groep B, die 2023 kampioen het twee indrukwekkende vertonings gelewer en sal verseker die komende naweek daardie pas wil vol hou.

Die twee klubs het in 2023 in die kompetisie kragte gemeet in Grabouw, waar Safcol in klipharde stryd aan die die wenkant.
Die stryd tussen die twee opwindende vleuels, Jaybreano Swarts van Bella Vista en Curt-Lee Klaasen van Safcol, gaan een wees om dop te hou, beide beskik oor groot vaart en kan baie skade aanrig.

Write what you are looking for, and press enter to begin your search!