When you walk into Boland Park in Worcester and hear the rumble of the scrum, there’s one name that always echoes above the rest – Anele Zingitwa. To the supporters, he’s “The Iron of High Noon.” To his people, he’s “Intsimbi yase High Noon” – the man of steel who never backs down.
With broad shoulders, a determined gaze, and a heart as big as his tackle power, Zingitwa needs little introduction in rugby circles. He’s a player who quite literally carries his team on his back – both in spirit and in strength.
From the farm to the field
Born and raised on the High Noon farm near Villiersdorp, Anele first held a rugby ball on dusty ground; no fancy coaching, no privilege, just pure passion and a dream. His natural ability and fierce commitment quickly shone through, and by his matric year in 2008 at Villiersdorp Secondary, he was already the team captain and a standout leader.
From there, his rugby journey took him through Helderstroom and Elandskloof, and later into the South African Defence Force, where in 2012 he was named Captain of the Gauteng Defence Force and selected for the President’s Team. Those were the years that not only shaped his body but also helped form his character, teaching him the values of discipline, resilience, and loyalty.
Wearing the number 1 jersey as a loosehead prop, Zingitwa is a man who has immense physical strength, but his accurate weapon lies in his spirit. He plays with fire, intensity, and passion, the kind of player who never surrenders. Many an opponent has felt his force in the scrum, yet his teammates know him as a gentle giant.
When his mentor and beloved coach, Aldridge Mercuur, passed away, Zingitwa’s humanity shone through.
“Coach Mercuur believed in me when I didn’t believe in myself,” he said. “He gave me confidence, and I’ll honour his memory forever.”
Villa – Where he found a home
After several successful seasons at Caledon Rugby Club, where he claimed both Forward of the Year and Players’ Player of the Year in 2016, Anele joined Villa Rugby Club in 2022.
When he arrived, Villa was in the process of rebuilding. But from day one, Zingitwa’s presence made an impact. His work ethic, discipline, and infectious energy reignited the team’s belief.
“At Villa, I feel at home,” he says. “The people welcome you like family. That’s why we give everything on the field — it’s for them, for our community, for that sense of pride.”
In 2024, his dedication was rewarded. He was crowned Villa’s Forward of the Year and selected for the Boland Coach’s Invitational Team — solidifying his reputation as one of the finest front-rowers in the region.
His rugby résumé tells a story of relentless hard work:
2007 – Helderstroom B-Team Forward of the Year
2012 – Gauteng Defence Force Captain & President’s Team
2016 – Caledon RFC Forward of the Year & Players’ Player of the Year
2023 – Western Cape Correctional Services Captain
2024 – Villa RFC Forward of the Year & Boland Invitational Team
Today, Anele remains an integral part of the Villagers Worcester Rugby Football Club family, not only as a player but as a role model and mentor to younger athletes. He proves daily that trophies don’t measure true greatness, but by the impact you leave on those around you.
Wanneer jy oor Wesbank Rugby praat, is daar sekere name wat altyd met trots genoem word en een van daardie name is Doppies Coetzee. ’n Ware rugbylegende wie se passie, toewyding en nederigheid oor dekades die Wesbank-trui met trots gekleur het.
Sy Beginjare….Doppies se rugbyreis het begin op die plase van Adamsfontein, waar plaaslike spanne op Sondae mekaar die stryd aangesê het. “Dis daar waar my liefde vir rugby ontwikkel het,” vertel hy met ’n glimlag. Sy talent het gou uitgeblink en op skool het hy reeds vir Boland uitgedraf.
Op net 19 jaar oud het hy sy eerste wedstryd vir Wesbank Rugbyklub gespeel as agtsteman. “Daardie dag was spesiaal,” onthou hy. “Ons het gewen, en ek het geweet dis waar ek hoort.”
Sy Invloede en Inspirasie onder die spelers wat ’n groot invloed gehad het op sy loopbaan, noem Doppies name soos Japie Liedeman, Bus Adonis, Kames Humphreys, en Attie Lategan. Hulle kameraadskap het hom gevorm as speler en as mens.
Soos vir baie jong spelers destyds, was finansies sy grootste uitdaging, maar sy deursettingsvermoë en liefde vir die spel het hom altyd vorentoe gedryf.
Sy grootste rugby oomblikke was een van sy mees onvergeetlike oomblikke was toe hy saam met groot name soos Errol Tobias, Schalk Burger, en Pompies Williams vir die WP Federasiespan gespeel het teen die Engelse op Danie Craven Stadion. Nog ’n hoogtepunt was die RVK-finaal teen Caledon waar sy vertoning soveel aandag getrek het dat Errol Tobias gesê het om “die jongspeler van Malmesbury dop te hou”.
Hy onthou ook met trots die intense wedstryd teen Suidwes-Afrika in Windhoek tydens die Pienaar-wedstryd.
Doppies noem dat spangees was alles. “Ons was ’n eenheid – en daardie bande bestaan nog vandag.” Vir hom is goeie leierskap eenvoudig; kommunikasie, voorbeeld stel en respek. Rondom konflik sê hy, “praat dit uit, los dit uit, en beweeg aan veral voor ’n wedstryd.”
Sy raad aan jong spelers is duidelik: “Wees betyds, moenie oefeninge mis nie, en leer by die ervare manne.”
Na sy speeldae het Doppies by Eskom gewerk, maar sy hart het nooit van rugby weggebeweeg nie. Tot vandag toe staan hy elke oefenaand langs die veld by Wesbank en help hy die jong losvoorspelers met raad en tegniek.
Foto: Doppies Coetzee (heel regs) met sy seun, Joinel (heel links), Wesbank voorsitter, en sy dogter, Sharonay Solomons (néé Coetzee) in die middel. Foto verskaf.
“Ek mis die gevoel om in die nommer 8-trui uit te draf,” erken hy. “Maar ek kry nou my vreugde in om die jongmanne te sien groei.”
Hy bly fiks deur daagliks te stap en in die gym te oefen, en volg steeds elke wedstryd van sy geliefde Wesbank.
Volgens hom is rugby vandag baie vinniger, en die reëls het oor tyd verander. Tog bly die kern dieselfde: “Hard werk bring sukses.”
Die beste raad wat hy ooit gekry het was…Oefen hard as jy bo wil uitkom. Hy hoop sy nalatenskap sal wees dié van ’n toegewyde speler en mentor, iemand wat sy kennis deel met die volgende generasie.
Sy boodskap aan jong spelers is wees vol karakter: “As jy nie gekies word nie, moenie moed verloor nie. Moenie ander afkraak nie ondersteun en motiveer jou spanmaats.”
Selfs vandag nog is Doppies elke oefenaand en wedstryd teenwoordig altyd bereid om ’n helpende hand of bemoedigende woord te gee.
Sy boodskap aan die manne vir die groot wedstryd teen die span wat hulle tien jaar gelede in die Grootuitdaag-finaal geklop het, is eenvoudig maar kragtig: “Speel wen-rugby. Doen die basiese goed reg soos wat julle geoefen het. Speel as ’n span en gee julle beste vir Malmesbury en vir die kinders wat na julle opkyk.”
As jy al ooit ’n bietjie uitlyn geraak het op Villagers Worcester se Facebook-blad, weet jy presies wie Stephan “Faan” Neethling is. Die man wat nie ’n rugbybal hoef aan te vat om respek af te dwing nie – want sy woorde byt skerper as enige skrum.
“Ek het nooit rugby gespeel nie,” sê Faan met daardie bekende glimlag van hom. “Maar moenie dat iemand dink ek het nie my deel van stof en sweet gekry nie. Ons het as laaities in die sandputte van Hexpark gespeel vir trofeë – pakkies gebreekte biscuits en Coke!” Hy lag lekker: “Die jongspan sal nie glo nie, maar destyds kon jy regtig pakkies gebreekte biscuits koop. Die grootmense sal weet.”
Faan se rugbyliefde het in die laat 80’s posgevat toe hy saam met sy destydse kollega, die legendariese Johannes ‘Dassie’ Jacobs, die wedstryde van Worcester Perseverance begin bywoon het. “Dassie was ’n held. Ek het maar saamgegaan en voor ek my kon kry, was rugby deel van my bloed.”
Sy pad na Villagers het egter eers jare later begin – in 2014, en in 2015 het hy aangesluit by die Ondersteunersklub. “Brian Richards, wat toe die voorsitter was, het gesê ek moet die media help bestuur,” vertel Faan. “Ek het toe begin foto’s neem met my selfoon. Ai, die mense het my uitgelag! Hulle sê toe: ‘Kyk daai man – hy dink hy’s ’n fotograaf met ’n foon!’” Hy grinnik breed. “Maar wat hulle nie geweet het nie, is ek het die beste selfoon op die mark gehad – met ’n beter kamera as wat hulle ooit in hul sakke gehad het!”
Daardie sogenaamde “foonfoto’s” het vinnig opslae gemaak. Faan se oog vir die regte oomblik – die glimlag van ’n ondersteuner, die sweetdruppel op ’n speler se voorkop – het Villagers se gees begin vasvang op maniere wat min kon doen.
Wat begin het as ’n eenvoudige blad vir ondersteuners, het onder Faan se bestuur gegroei tot een van die grootste nie-amateur rugbyblad in Suid-Afrika. “Ons blad het groter geword as wat enigiemand verwag het,” sê hy trots. “En dit bly skoon – want by ons is daar reëls.”
Nou ja, en dit bring ons by sy bynaam.
“Party sê ek’s streng, maar ek sê net ek’s regverdig,” vertel Faan met ’n vonkel in sy oog. “As jy op ons blad kom om te kla, te vloek of mense aan te vat – dan sal jy gou voel hoe byt die Swart Mamba.”
Die bynaam het natuurlik gegroei uit sy onwrikbare dissipline op sosiale media. “Ek’s self donker kleurig,” sê hy skalks, “en die swart mamba is een van die vinnigste en giftigste slange in die wêreld. So ja – as jy onsmaaklik raak, ek pik jou sommer gou, en jy’s uit. Daar is geen teenmiddel nie!”
Onder sy bestuur is daar geen plek vir drama of venyn nie. “Ek sê altyd vir die mense: jy’s welkom om hier te praat, maar hou dit net respekvol. Dis rugby, nie ’n oorlog nie.”
Die gogga vir fotografie het hom behoorlik gebyt. Faan het sy eie fotostudio begin en homself opgelei as ’n professionele fotograaf. Vandag word sy werk wyd bewonder – van wedstryde tot troues.
“Ek het agtergekom dis nie net oor foto’s neem nie,” verduidelik hy. “Dis oor stories vertel. Elke foto sê vir my iets oor mense – oor gees, oor trots. Dis hoekom ek hou van rugby – dit’s lewende stories.”
Met trots in sy stem sê hy: “Ek het baie klubs gesien, maar Villa was my eerste liefde. En glo my, dit sal my laaste wees.” Faan het intussen twee termyne op die klub se bestuur agter die blad en was ook voorsitter van die ondersteunersklub. “Ek sê altyd, ek’s nie perfek nie, maar ek’s lojaal. En by Villa, dis wat tel.”
In ’n tyd waar sosiale media dikwels ’n giftige plek kan wees, is dit dalk juis gepas dat Villagers Worcester hul eie Swart Mamba het – nie om te vernietig nie, maar om te beskerm. Of soos Faan dit stel: “Ek’s nie hier om mense bang te maak nie. Ek’s hier om te sorg dat die blad iets is waarop ons trots kan wees. En as ek moet byt om dit reg te hou – wel, dan byt ek mos met styl!”
Stephan “Faan” Neethling, beter bekend as die Swart Mamba van Villagers Worcester, bestuur die klub se media met ’n ferm hand en skerp humorsin. Sy foto’s en woorde hou die Villa-gees lewendig.
Van ’n jong seun uit Roodewal tot die voorsitter van een van die oudste rugbyklubs in die land – John “Veggie” Vergotini se storie is een van deursettingsvermoë, trots en onwrikbare liefde vir die spel van rugby.
Gebore en getoë in Worcester se arm woonbuurt, het Vergotini sy pad van ‘n eenvoudige komvandaan na rugbyroem gebaan. Reeds op skool het sy talent duidelik geword. Hy het in 1989 en 1990 as hoërskool leerder sy Boland-klere verwerf. Sy hoogtepunt as jong speler het in 1990 gekom toe hy as Suid-Afrikaanse Skolekapteinaangewys is.
“In my speeldae het ek saam met manne soos Allistair Coetzee, Deon Davidsen selfs[Francois]Kaballie Davids gespeel,” seg Vergontini met trots. “Dis ’n voorreg om te sê ek het saam met sulke groot name op die veld gestaan.”
Hy het in 1989 by Villagers Worcester Rugbyvoetbal klub (RVK) aangesluit – toe nog onder die SARU-bedeling – en homself gevestig as een van die klub se mees dinamiese vleuels. “Ons het onder moeilike omstandighede gespeel, maar ons het sterk gestaan dat daar geen normale sport in ’n abnormale gemeenskap kan bestaan nie, beaam hy met heinwee.
Sy naam is steeds deel van Boland-rugbygeskiedenis: in 1990 het hy sewe drieë in een provinsiale wedstryd gedruk, teen WP Raad op Franschhoek; ’n rekord wat tot vandag toe staan.
’n Staaltjie uit daardie tyd onthou hy met ’n glimlag: “Tydens my eerste wedstryd vir Villagers in Mosselbaai het die voorsitter, mnr. Gert Swanepoel, na elke drie vir my agter die pale gewag, in sy winterjas, en gesê: ‘Dis die begin van baie drieë, seun!’ En hy was reg.”
Na sy speeldae het Vergotini besluit om sy betrokkenheid by die klub voort te sit. Hy het op die bestuur begin dien en later as voorsitter die leisels oorgeneem. “Ek was bevoorreg om saam met groot name soos Aunt Leggy, Onnie Titus en Andrew Cuttings te werk – mense wat my gevorm het as leier.”
Een van sy trotse oomblikke as voorsitter was op 10 November 2018, toe Villagers Worcester die span van Wellington, Roses United RVK in die finale geklop en as kampioene gekroon is.
“Daardie dag sal ek nooit vergeet nie. Dis die soort oomblik waarvoor jy jare werk.”
Tog was daar nie net hoogtepunte nie. “Drie jaar gelede, toe ek weer as voorsitter verkies is, het27 eerste span spelers die klub verlaat. Dit was ’n harde tyd, maar ons het saamgewerk en die klub weer opgebou. Vandag leef Villagers weer.”
Die dood van die klub se direkteur van afrigting en hoofafrigter, mnr. Alridge Mercuur, het ook ’n groot leemte gelaat. “Hy was soos ’n pa vir die spelers en ’n mentor vir my. Sy afsterwe was ’n swaar slag, maar ons eer sy nalatenskap deur voort te bou op sy visie.”
Met meer as 20 jaar se diens aan Villagers Worcester agter sy naam, is Veggie steeds ’n bekende gesig by die klub – en steeds vol humor. “Ja, ek was goed gebou, sonder vet, net spoed,” lag hy. “Nou vra die jong spelers: ‘Oom Veggie, het Oom rêrig vleuel en senter gespeel?’ Dan wys ek vir hulle die foto’s – die bewyse is daar!”
Sy bynaam “Veggie” beskryf hom perfek. “Mense sê dis omdat ek altyd veg. Ek gee nie maklik op nie, maak nie saak wat die uitdaging is nie. Dis deel van wie ek is.”
Aan die einde van die dag bly sy boodskap eenvoudig: “Rugby is meer as net ’n spel. Ná jou speeldae moet jy betrokke bly – as afrigter, bestuurder of mentor. Ons jong spelers het rolmodelle nodig.” “Villagers Worcester was nog altyd my tuiste. En soos oom Gert destyds gesê het – dis net die begin van baie drieë.”
In Abbotsdale, rugby isn’t just a sport — it’s part of the town’s DNA, and few families embody that spirit quite like the Josias family.
In recent years, names like Balle, Mettie, and Rhodri Josias have become well known in local rugby circles. Rhodri — better known as Roco Coco for his blistering pace on the wing during Abbotsdale’s Premier League campaign — thrilled crowds with his powerful runs and fearless play.
The younger generation has carried that torch with pride. Eschelle (“Balle”) and Matcalf have become key figures in Abbotsdale’s forward pack. Balle, a powerhouse front-row player, has been instrumental in the club’s recent success, while Matcalf played a vital role in Abbotsdale’s league-winning second team of 2025.
But the Josias rugby legacy begins with their father, Archie Josias, who recently led the Abbotsdale team onto the field as flagbearer during the Sanlam Boland Top 12 competition.
Photo: Archie Josias presenting his son Eschelle with his playing shirt before the derby game vs Wesbank. Photo by Abbotsdale Rugby Media
Archie’s rugby journey started back in 1973, in an era when many fields were still dusty and bare. With a smile, he recalls those early days:
“Ons het gespeel laat die stof staan in daardie dae.”
He began his career as a scrumhalf, later making a name for himself at fullback before moving to the forwards in the latter part of his career.
“At hooker I had to learn my trade — scrumming in the front row, throwing in at lineouts — but I got the hang of it. Luckily, my backline skills helped me in open play and made me more elusive on attack.”
Rugby in the rural towns was fiercely competitive even then, producing some remarkable players.
When asked about his most memorable moment, Archie doesn’t hesitate: “Scoring the winning try against Mamre. Dis altyd lekker om rugby te speel en as jy ’n drie druk is dit nog lekkerder, maar om die wen drie te druk teen ’n span soos Mamre was spesiaal vir my.”
Reflecting on his playing days, Archie’s greatest pride now comes from watching his sons continue the family legacy.
“My seuns speel voortreflike rugby en as pa is ek baie trots. Mettie was die jaar skitterend in die tweede span, en dis wonderlik om vir Eschelle te sien kragte meet met harde baard stutte van regoor die Boland in die Sanlam Boland Top 12.”
He also shared a heartfelt message for the current generation of Abbotsdale players: “Maak die beste van die geleentheid om rugby te speel. Kyk net hoeveel mense oor naweke na julle wedstryde kyk — julle is selfs op televisie deesdae! Maak julle mense trots, net soos ek met trots staan wanneer ek julle as span ondersteun.”