Vir bykans twee dekades het die naam Anthony Linnert sinoniem geword met trots, passie, en lojaliteit by die Vanrhynsdorp Eagles Rugbyklub. Met 19 jaar as speler en 2 jaar as spanbestuurder, is hy een van die pilare waarop die klub gebou is. ’n Ware legende wie se toewyding en geloof aansteeklik is.

Van speler tot leier
Hy het in al die agterlyn posisies gespeel, maar dit was op nommer 13 waar hy werklik sy naam gemaak het. Sy spelintelligensie, harde verdediging en vermoë om geleenthede te skep, het hom n sleutelspeler gemaak in die Eagles se sukses oor die jare.

Die derby struweling
Wanneer mense oor groot wedstryde praat, kom die derby teen sy neef Pit altyd ter sprake. Dit was die tipe wedstryde wat die dorp tot stilstaan gebring het. Eagles lê diep in se Linnert se hart, vir hom gaan dit nie net oor die wen van die wedstryde nie, maar oor die vriendskapsbande en waardes wat die klub bevorder.

“En gewoonlik was ek die wenner in daardie stryd,” skerts Linnert soos hy die storie oorvertel.

”Die klub bring iets besonders uit die jongmense. Hier leer jy dissipline, respek en geloof – dinge wat verder as rugby strek.”

Onoorwonne jaar en hoogtepunte
Een van die trotste oomblikke in sy loopbaan was in 2015-seisoen, toe Eagles onoorwonne gebly het. Met die oog op die huidige Sanlam Boland Top 12 kompetisie, is hy vol hoop en selfs opgewonde oor die jare wat nog voorlê.

“Daardie jaar het vir my uitgestaan. Ons het op God se genade en beginsels van samewerking gebou. Die vertroue onder mekaar was ongelooflik sterk.”

“Ek dink ons voorbereiding en benadering is reg op koers. Die spelers besef die erns van ‘n goeie performance. As ons bly in die strukture en mekaar vertrou, kan ons baie goed doen.”

Motivering vir die spelers
Sy boodskap aan die span is eenvoudig.

“Boys gaan uit en gaan besef jou purpose in die span en hoekom juis hierdie jaar die hemelse vader jou in dié span en groep geplaas het. Baie ander wil hierdie geleentheid hê wat julle tans het maar is nie so bevooreg nie.

“Gaan wys vir hulle hoekom jy gekies is en daardie plek verdien. Ek se altyd die Here weet reeds wat die uitslag van die [Sanlam Boland] Top 12 en niemand kan dit verander nie, jy kan net tot eer van sy naam deelneem aan jou beste gee. Gaan uit en maak jouself, familie, gemeenskap en klub trots.”