deur Davie Lawrence
Charlie “Kat” van Canola is ‘n Caledon ondersteuner uit murg en been, so vertel hy hoe hy met op sy oudag nogsteeds agter sy geliefde Caledon reis om hul wedstryde te kyk.
Oom Charlie kon nie saam sy span Worcester toe reis nie, hy moes Jan Tuisbly se kar ry nadat hy ‘n sy broer Saterdag op die dorp moes begrawe.
Caledon het met Saterdag se 42-18 sege oor Villagers Worcester hul plek in die semi-finaal bespreek en gaan saam met die verdedigende kampioen en mede-Overberg span, Safcol United, op 16 November in Wellington meeding vir ‘n plek in die Sanlam Boland Top 12 finaal, a week later, op 23 November.
Oom Charlie “Kat” by die Vuma Fanpark in Caledon, week 4.
By Saterdag se Vuma Fanpark het oom Charlie sy teenwoordigheid behoorlik laat geld, en het met elke punt wat Caledon aangeteken het opgespring, oor die vloer gehardloop en geskreeu “Caleeeeeedôn, Caleeeedôn”.
Op die vraag oor hoekom hy nie by die veld was in Worcester was om sy geliefde Caledon te ondersteun nie, haal oom Kat sy hoed af en sê: “My kind ek was 2019 in Worcester en het my bene en my gesig stukkend geval soos ek geskreeu vir Caledon, vandag kan ek nie want ek moes my broer vandag begrawe.”
Om hierdie rede het hy sy pad gemaak na die Vuma Fanpark.
“Ek is so dankbaar vir die [Vuma] Fanpark, want ek kon my geliefde Caledon span daarem in aksie sien, ondersteun, en saam ander Caledon supporters kyk al was ons nie saam die span nie.”
Oom Charlie wen toe ‘n splinternuwe Sanlam Boland Top 12 rugby bal as die toeskouer wat die meeste gees gewys het, met die prys oorhandiging sak oom Charlie af; “My kind my vrou gaan kwaad wees want ekt weggehol van die huis, maar as sy gaan skel dan gee ek haar die bal en sê mamma nou gaan ons bôl speel.”