deur Mario Marinus
“Wanneer jou wêreld ineenstort, het jy ‘n kans om iets te doen wat jy nie voorheen kon gedoen het nie. Ek het nou `n geleentheid om my storie van opstanding uit die as van vernietiging aan elke speler te vertel.” Dit is die woorde van Mario Marinus ‘n speler van Villager Worcester wat voor 2023 nog nooit deel was van enige klubrugby span.
Hy eenvoudig een dag opgedaag, aangesluit, en teen die einde van verlede se seisoen – sy debuut seisoen – nie net weggestap met die Speler van die Jaar toekening nie, maar ook die gesogte Spelers Speler van die Jaar titel. Laasgenoemde word as ‘n massiewe eer onder rugby beskou omdat dit die benoeming van die wenner deur jou medespelers aangewys word. Hy vorm ñ integrale deel van die eerste span en word beskou as ‘n toekomstige kaptein.

“Ek is ‘n kind van Roodewal, Worcester, waar die vraag telkens gevra was of daar enige goed uit die woonbuurt kan kom,” sê ‘n trotse Marinus. “Dis die agtergeblewe gemeenskap van die flêtse wat my karakter gevorm en geslyp het in die mens wat ek bekom het.”
Villagers Worcester het deur ‘n baie moeilike tyd gegaan in 2023, en as Villa ondersteuner het dit mense soos Marinus se hart gebreek om te sien hoe so `n spog klub stelselmatig vernietig word. Daar was ‘n noodkreet deur diegene wat diep in hul harte nie net glo in die voortbestaan van die klub nie, maar dat dit gedoen word met uitmuntendheid.
“Februarie 2023 het ek langs die oefenveld rond gestaan en besef ek maar hier moet ek deel word van die oplossing. Ek moes meer doen as net toekyk, dit was wat ek heeltyd vir myself sê.
“Ek is `n krieketspeler wat as tweede jaar student laas op klubrugby gespeel het. Rugby was `n no go area vir my. Nogtans het ek besluit om by die klub aan te sluit as speler, aanvanklik dink ek ‘al was dit net om getalle vol te maak’.”
Marinus het nie handjies gevou gestaan en gekritiseer van buite af nie, maar die onderwyser het moue opgerol, en ingegryp by sy geliefste Villa Boys. Sy verkose posisie langs die skrum het hom toegelaat om sy gewig letterlik en figuurlik agter sy span en klub te gooi.
“Al wat ons soms nodig het is om in jou vermoëns te glo en op te staan uit self twyfel. Ek vir my self gesê: ‘Jy kan dit doen’. As onderwyser het ek geleer vir ‘n ster om gebore te word, is daar een ding wat moet gebeur: ‘n gasvormige newel moet ineenstort. Verkrummel.
Dit is nie die vernietiging daarvan nie, dus die hergeboorte van `n nuwe lewe. Mario Marinus was wedergebore in `n nommer ses trui, en danksy die gawes van die Allerhoogste was ek opgeneem in die eerste span.
“As speler het ek nou die geleentheid gehad om die spog klub te help om uit die as op te staan; die grondslag te lê vir ‘n nuwe renaissance, en om die nuwe ontwaking te versnel. Geestelik het ek baie nader aan God beweeg, my hoop was gevestig in Hom. Die gees binne my, het ontaard in `n innerlike, onuitblusbare vlam – ‘n vlam waarop die gegriefdes geblaas het, maar nooit kon blus.”
Marnius glo dat die Villa Boys `n broederskap ontwikkel terwyl respek betoon word aan afrigters en leiding aanvaar van die bestuur en soos dit by Villa genoem word: “ELKEEN BLY IN SY BAAN”.
“Ons is baie beter af as wat ons was daar in die begin van 2023. Deur ons uit die as te trek, het God plek gemaak vir ‘n nuwe soort onvernietigbare hoop en onwrikbare geloof dat alles moontlik is deur veerkragtigheid, vasberadenheid en harde werk.”
Marinus se storie is `n ter nagedagtenis dat daar selfs in ons donkerste oomblikke altyd hoop is op ‘n beter toekoms as daar bereid is om te volhard. Villagers Worcester het sterker teruggekom, dis nie `n droom, Villa is in die Sanlam Boland Top 12 en wees verseker hulle is nie hier om net die getalle vol te maak nie.
“Ons het terug gebons, herbou, dinge omgedraai en as ons dit kon doen.”kom, dis nie
n droom, Villa is in die Sanlam Boland Top 12 en wees verseker hulle is nie hier om net die getalle vol te maak nie.
“Ons het terug gebons, herbou, dinge omgedraai en as ons dit kon doen.”