deur Davie Lawrence
Safcol welkom ‘n vol vetroue Young Spurs, Town en Saldanha Baai pak mekaar aan, terwyl topspanne in Pool A – Caledon en Villa Boys – mekaar pak
In die Sanlam Boland Top 12 liedtjie is daar ‘n gedeelte, waar die sanger sing “…kom ons skreeu saam…die Top12 is dan nou aan die brand”.
Dit is presies wat nou aan die gebeur is met die Sanlam Boland Top 12 wat nou behoorlik kookwater en aan die brand is met nog twee rondtes wedstryde in die groepfase wat wag.
Caledon en Villagers Worcester gee die pas aan in Groep A met 15 ligapunte elk. Hierdie twee is nog onoorwonne en meet kragte op Worcester, ‘n wen vir een van hierdie twee spanne sal een voet in die semi-finale sit.




Newtons tans in die derde plek, het sy eerste sege van die toernooi verlede week beleef en sal hoop om hierdie momentum voort te sit wanneer hulle teen Eagles te stande kom. Eagles is nogsteeds opsoek na hul eerste Sanlam Boland Top 12 sege. Indien Newtons daarin sou slaag om vyf punte te kry sal dit hom binne trefafstand plaas van die voorlopers met ‘n tuiswedstryd in volgende week se laaste rondomtalie wedstryde.
Vredenburg speel gasheer vir Abbotsdale in n wedstryd waar die verloorder sy kanse op ‘n semi-finale plek kan koebaai groet, albei spanne het alreeds twee nederlae weg en ‘n derde sal hul veldtog eindig.




Safcol is nou al onoorwonne span in Groep B nadat Young Spurs verlede week vir Robertson Town geklop het. Die defending champs is nou onoorwone in 10 Sanlam Boland Top 12 wedstryde sedert verlede jaar se 2023 rondte een 21-15 teen Wesbank in Grabouw. Safcol pak juis Young Spurs in die einste Grabouw en sal sy unbeaten streak wil handhaaf.
Die besoekers van Doornbaai het die Boland aan die gons gehad toe hy vir n groot skok gesorg het en met die hoog aangeskrewe Robertson Town klaar gespeel het, dus kan hulle nie sonder handskoene aangepak word nie want nog n skok sal die kat behoorlik in die duiwehok los laat.




Die grote in hierdie groep vind plaas op Robertson met die tuisspan wat die voormalige Boland kampioen, Saldanha, welkom heet. Vir hierdie twee is hierdie ‘n moet wen wedstryd om binne bereik van die voorloper te bly. Dit gaan bitter moeilik vir die verloorder van hierdie stryd om na nog n nederlaag deur te dring na die semi-finaal. Ceres reis na Darling en nogsteeds opsoek na hulle eerste oorwinning. Laasgenoemde het die afgelope naweek so byna verras teen Safcol en sal vol vertroue wees om die een tuis deur te trek. ‘n Sege vir Darling sal so effe die agter deur oop trek vir sy semi-finaal kanse.