Deur Davie Lawrence
Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer die beste 12 rugbyklubs in die Boland mekaar gaan pak in die Sanlam Boland Top12. Die toernooi beloof om propvol aksie en avontuur te wees te danke aan die borge; Sanlam, Santam, Tekkie Town, Vumatel, Umbro, en Rainbow Chicken.
Safcol het verlede seisoen die Sanlam Boland Top12 titel gewen en sal probeer soos sy voorganger Saldanha dit “back-to-back” wen. Hierdie twee rugbyspanne is deel van vyf spanne wat verlede jaar in aksie was insluitend Darling, Eagles en Robertson RVK.
Die voormalige Boland kampioene Ceres en Villagers Worcester maak ‘n terugkeer en sal hul stempel vir afdruk. Daar is drie spanne wat vir n heel eerste keer aan die Sanlam Boland Top12 sal deelneem insluitend Abbotsdale, Newton’s, en Young Spurs. Dit gaan interessant wees om te sien wat hierdie drie spanne na die tafel bring. Hulle het gewys hulle kan nie sonder handskoene gepak word nie juis omdat hulle hul onderskeie streke gewen het.
Die Sanlam Boland Top12 beloof om groter en beter te wees as die vorige jare. Rugbyliefhebbers kan reg maak vir ‘n toernooi vol aksie, opwinding en intrige.
Buiten die Sanlam Boland Top12 kan rugbyliefhebbers uitsien na die Streekuitdaag Super 16 en Gemeenskapskild Super 10 kompetisies wat ook Saterdag, 12 Oktober afskop. Hierdie kompetisies het oor die jare vir baie rugby genot gesorg en dit behoort geensins anders te wees hierdie seisoen nie.
Hierdie jaar is ook ‘n geskiedkundige jaar aangesien vroue rugby vir die eerste keer sal deelneem aan die uitspele. Die dames sal sake uitspook in die Boland Dames Super 8 toernooi. Hierdie klubs word soos die mans eweknieĆ« uitgerus vir die kompetisie met elke klub wat volledige stelle truie en broekies kry asook die vervoerkoste wat gedek word danksy die borge.
Klubs sal vanaf 12 Oktober in hul onderskeie groepe meeding teen klubs in ander streke om te bepaal wie 16 November na die Boland Stadion kom vir die semi-finale en daarna vir die “grand finale” op 23 November.