Deur William Murgal | Foto: Oom Robbie (links) saam met Saldanhabaai RVK voorsitter, Yaaseen van der Westhuizen. Krediet: Deon Julies

“Harde werk le voor as ons weer as Boland kampioene gekroon wil word”

Stigterslid en oud Saldanhabaai speler Robert Kekana of beter bekend as Oom Robbie meen Saldanha het nog n kans om hul titel as Boland se kampioen te verdedig, maar dit gaan hardewerk en ‘n bietjie geluk kos om dinge in die guns van die kampioen span te swaai.

Oom Robbie  wie se taak dit is om te verseker dat die rugby spelers en gemeenskap op Saterdae in ‘n veilige omgewing hulle rugby geniet.

“Die klub is my trots en dit verskaf my groot plesier om deel te wees van die besonderse span. Ek was self ‘n rugbyspeler wat my rugbyloopbaan in die laat 70’s by Lionhearts, later bekend as Saldanha Marines as ‘n buitesenter begin het en later die nommer ses trui oor my kop getrek het.

Robbie sien homself nerens anders as by n rugbyveld op ‘n Saterdag middag. In 1984 word hy gekies tot die Weskus Uniale span, waar hy vir twee seisoene gespeel en het ook deel gevorm het van die 1987 WP Platteland B span.

Saldanhabaai Rugbyklub is gestig in 1994 met eenwording en tot op daardie stadium was Robbie deel van die Saldanha Marines bestuur en kon deel vorm van die stigting van die nuwe klub, waar hy ook dan die voorreg kon he om deel te wees van die Eerste Top8 op tuisbodem in 1995.

‘n Paar jaar later, in 2016 word hy weer betrokke by Saldanhabaai Rugbyklub as addisionele lid en veiligheidsbeampte, n possisie wat hy nog tot vandag beklee.

“Die Sanlam Boland Top12 beskou ek as een van die beste kompetisies hierdie jaar en is besonders dankbaar dat Saldanha deel is van die jaar se groep. Ek glo dat met die fantastiese ondersteuning van die Saldanha gemeenskap, dit moontlik is om nog n haas uit die hoed te pluk.”

Oom Robbie glo daar is niks wat hom so bly maak as om naweek na naweek die opkoms van toeskouers by wedstryde te sien.

“Hulle trotseer reen, sonskyn, en wind om hulle geliefde sport en span te ondersteun. Die ondersteuners moet nooit vergeet dat hulle opreg waardeer word nie. Ek wil ook in besonders by dank betuig aan een en elk van die borge wat die jaar aanbord gekom het by Boland.

“Boland jou lekker ding.”

Een van sy hoogtepunte vir die jaar is die Gold Cup deelname en Robbie se dit het aan hom bewys dat Boland klubs wel met die bestes in Suid-Afrika kan saamgesels. Vir nou glo hy sy Saldanha kan weer suksesvol wees en vir die uitspele in die 2023 Sanlam Boland Top12 kwalifiseer.