Die Sanlam Boland Top 12 het vandag afgeskop en was dit nie rugby uit die boonste rakke

Nuweling in die Sanlam Boland Top 12, Safcol United, se vlag wapper hoog in rondte een van die Boland Rugby Unie se premier klub rugby kompetisie.

Verdedigende kampioen Saldanha val vas in die Breë-Langeberg teen Robertson Town

Fotos van vandag se wedstryde kan hier afgelaai word.

Die Sanlam Boland Top 12 het vandag afgeskop en was dit nie rugby uit die boonste rakke…spoed, krag, “flair and skill” alles wat rugby in die Boland opsom op enige gegewe dag, maar vandag was groter. Die “stakes” was hoër, vandag was die begin van iets groot.

In die vroeër wedstryde wat vandag afgeskop het, was daar hope drama. In Darling het Hawston genoeg gedoen met n blitzkrieg in die eerste helfte om die tuisspan 39-40 te verslaan. Safcol United het hul debuut in die Sanlam Boland Top 12 gevier met n naelskraapse oorwinning, 21-15, teen Wesbank wat ook die telling tussen Overberg en Swartland spanne na 2-0 gebring het. Young Hamiltons van Worcester het vriend en vyand verras toe hulle teen die einde redelik maklik 23-45 klaar gespeel het met Mamre op laasgenoemde se tuisveld.

Robertson RVK het die spreekwoordelike “cherry” op die koek gesit vir die Breelangeberg spanne toe hulle die kampioen Saldanha 25-24 verslaan het. Saldanha sal hulself egter skop want met tyd verstreke, het hulle verkies om vinnig te tik vlak voor die pale eerder as om die strafskop te vat. Roses United het soos verwag maksimumpunte opgetel op Vanrhynsdorp toe hulle die Noordweste kampioen Eagles met 22-32 geklop het.

Verlede jaar se naaswenner van die Sanlam Boland Top 12 Bella Vista van Ceres het ook n bonuspunt oorwinning behaal, met n 29-12 teen Delicious NW hul besoekers uit Clanwilliam.

Alle wedstryde was uitgesaai op www.bolandrugby.co.za met al ses wedstryde wat ‘n gesamentlike kykersgetal van bykans 70 000 kykers gehad het. Alles trots geborg en moontlik gemaak deur Sanlam, Vumatel, Santam, Tekkie Town, en Umbro.

Rondte Een Uitslae:
Safcol United 21-15 Wesbank
Darling 39-40 Hawston
Mamre 23-45 Young Hamiltons
Robertson Town 25-24 Saldanha Bay
Vanrhynsdorp Eagles 22-32 ROses United
Bella Vista 29-12 Delicious NW

Vir meer inligting:
www.bolandrugby.co.za
www.facebook.com/WaxBru
www.youtube.com/@bolandrugbyunion
www.tiktok.com/@bolanrugbyunion