deur Marscelli Oppelt
Confidence Rule #68: If you want to go fast, go alone. If you want to go far, go together.
In die hartjie van die Swartland, meer spesifiek in Darling, het ’n jong man met die naam Henwill Cleophas grootgeword. Wanneer hy die rugbybal in sy hande vasgehou het, was dit asof die wêreld om hom verdwyn het, en net die veld saam met sy drome oorwinbaar was.
‘n Jonge Cleophas het op die veldjie naby hul huis gestaan, die ander maats het om hom gestaan, gereed om die bal saam met hom te speel. Elke keer wanneer hy die bal ontvang het, het sy hart vinniger begin klop, en hy het gevoel soos ‘n ridder wat sy grondgebied verdedig. Hy het besef dat dit nie net ’n sport was nie, maar ‘n manier om sy drome te volg.
Die vriendskap van sy oupa Joseph Das was sy grootste bron van krag. Oupa Joseph het sy stoute opwinding in die sport verstaan. Hy was altyd daar om Cleophas aan te moedig, gevolg deur stories van sy eie sportjare. Hy het geweet, namate hy groter en sterker geword het, dat sy oupa se liefde hom nooit sou vergeet nie.
Die romanse van die spel was vir Cleophas epies. Sy gunsteling speler is die legendariese Tendai “Beast” Mtawarira, wat hy bewonder vir sy sterkte en sy volharding op die veld. Cleophas het gesien hoe die Beast teen sy teenstanders veg en met elke wedstryd wat hulle gespeel het, het hy gedroom dat hy een dag daardie krag en vurigheid sou naboots.
In 2019 het Cleophas se tyd gekom. Dit was sy beste jaar by Darling Rugby Klub – die jaar waarin hy deur die liga onoorwonne met sy spanmaats gegaan het. Sy grootste wen was teen Vanrhynsdorp Eagles, waar hy die wedstryd met ‘n oorwinning van sy span gelei het. Maar hy het geweet dat hy nie net vir homself speel nie – hy speel vir elkeen wat in hom glo, veral vir oupa Joseph, wat elke beweging van sy belewenisse met trots volg.
Hy droom om een van die groot spelers in die Boland-span te wees. Hy het die geloof dat met toewyding, harde werk, en die gees van sy oupa aan sy sy, die volle potensiaal daar sal wees.
As die maan oor Darling skyn, sit Cleophas weer op die rugbyveld, die gras wat onder sy voete knak. Hy is paraat om sy volgende uitdaging aan te pak en die legende van sy rugbyloopbaan te skep. Vir nou, is dit om die Sanlam Boland Top 12 Kompetisie met trots af te sluit.
Vir die talentvolle en toegewyde speler is dit duidelik dat hy op die regte pad is om sy droom van ‘n plek in die Boland span te bereik, veral as hy aanhou om deursettingsvermoë te toon en jou vaardighede te verbeter.
Soos die jongseuns vir hom skree: “Hennas, Hennas, Hennas”; wanneer jy die bal dra en agter die doellyn punte aanteken, sal ons as klubondersteuners jou aanhou ondersteun om jou drome te verwesenlik!