deur Davie Lawrence
Nes Sanlam jou die gemoedsrus gee vir ‘n confident toekoms, hier is my se uitleg van wat alles hierdie naweek kan gebeur. Alle wedstryde behalwe een skop 17:00 af, wat beteken dat die opbou na die laaste eindfluitjie van die week se wedstryde baie meer opwindend sal wees.
Die Sanlam Boland Top 12 is geseënd met talentvolle, confident, connected, vinnige, en spoggerige rugby. Watter amateur toernooi in die wêreld kan met vertroue sê dat in die laaste rondomtalie wedstryde dat daar nog wiskundige tot op helfte van die spanne in die hele kompetisie kan kwalifiseer vir die halfeindrondte?
Groep A
Caledon
- Alreeds gekwalifiseer vir semi-finaal
Villagers Worcester
- Oorwinning oor Eagles sal genoeg wees om te kwalifiseer.
Vredenburg
- Vredenburg moet vir Newton wen en hoop Eagles klop vir Villagers Worcester, maar dan mag Villa nie n bonuspunt kry nie indien Villa n bonus kry moet Vredenbrug n bonuspunt oorwinning behaal oor Newtons.
Newtons
- Newtons moet vir Vredenburg klop en hoop, Villagers Worcester verloor teen Eagles, indien Villa meer as een ligapunt uit die wedstryd gaan Newtons vyf punte moet kry teen Vredenburg en met ten minste 10 punte wen.
Abbotsdale en Eagles kan nie meer kwalifiseer
Groep B
Safcol
- Safcol het alreeds kwalifiseer vir die semi-finaal.
Robertson
- ‘n Sege oor Safcol sal hom laat kwalifiseer
Saldanha
- Moet vir Darling klop en hoop Robertson verloor teen Safcol en kry geen ligapunte.
- Indien Robertson een of meer ligapunte uit n verloor twen Safcol kry, gaan Saldanha n bonuswen moet kry oor kry oor Darling met meer as 10 punteverskil.
Darling
- Moet Saldanha met n bonuspunt klop en hoop Robertson kry geen punte teen Safcol, hierdie oorwinning oor Saldanha gaan met n baie groot punteverskil moet kom meer as 80 punte ten minste.
Young Spurs en Ceres kan nie meer kwalifiseer.
Die naweek se bepalings: