Boland Rugby Unveils Two Representative Teams for Showcase Match

Boland Rugby Unveils Two Representative Teams for Showcase Match

For immediate release

Sanlam Boland Top 12 Presidents Team and Hawies Fourie Invitational Side Announced

Wellington, 24 November 2024 — The Sanlam Boland Rugby Union is proud to announce the creation of the Sanlam Boland Top 12 Presidents Team and the Hawies Fourie Invitational Side, two representative teams set to clash in a special match on Saturday, 30 November at the iconic Boland Stadium in Wellington. This highly anticipated match will be live streamed on Boland Rugby’s official YouTube channel.

The announcement of the President’s Team took place during halftime of the Sanlam Boland Top 12 Final on Saturday, 23 November, where Robertson Town Rugby Football Club (RFC) beat Villagers Worcester RFC, 31-29, in an epic clash that will be remembered for decades to come. Robertson got the better of the four-time Boland champ courtesy of the educated boot of Colin Willemse, who slotted four penalties and converted two of his side’s three tries to clinch the 2024 Sanlam Boland Top 12 title.

Photo: Robertson Town RFC celebrating their 2024 Sanlam Boland Top 12 title after beating Villagers Worcester RFC, 31-29, on 23 November in Wellington. Photo credit: Kenneth Ruiters

Speaking about the initiative, President Bennie van Rooi expressed his enthusiasm for the talent on display. “Boland is home to over 200 registered rugby clubs, making it the largest rugby union in Africa. The Sanlam Boland Top 12 competition highlights the exceptional skill, dedication, and passion that define our players and clubs. These two representative teams are an exciting next step to amplify the opportunity for our athletes to shine on a broader stage.”

Hawies Fourie, head coach of the Sanlam Boland Cavaliers, has been working closely with the Sanlam Boland Top 12 organisers to select players. He emphasised the value of this competition: “The Sanlam Boland Top 12 competition has provided an outstanding platform for unearthing the raw talent in our region. The live-streaming of the 30 round-robin matches and semi-finals allowed me and the other coaches to analyse performances at our own pace carefully. This process ensured we selected players who captivate the spirit and skill of Boland rugby.”

Fourie revealed his broader vision for Boland Rugby. “We will select 8–10 players from across the club structures to join a high-performance programme. This initiative will parallel our in-season schedule, gradually integrating these players into the Sanlam Boland Cavaliers’ setup. It’s crucial to provide platforms like the Sanlam Boland Top 12 to showcase talent and build a pipeline for players to excel at higher levels.”

The two squads will convene for training on Wednesday, 27 November, before their highly anticipated match. For further details and updates, visit Boland Rugby’s social media platforms and do not miss the live-streamed match on 30 November.

The two squads are as follows (clubs they represent mentioned in brackets):

Sanlam Boland Top 12 President Team: 1 Henwill Cleophas (Darling), 2 Divan Joshua (Saldanha), 3 Andries De Kock (Villagers Worcester), 4 Emile Booysen (Saldanha), 5 Daniel Temm (Vredenburg), 6 Freginald Africa (Robertson Town), 7 Colin April (Newtons), 8 Charl Castleman (Young Spurs), 9 Gurshwin Africa (Villagers Worcester), 10 Earl Lewis (Darling), 11 Terrence Ludix (Safcol United), 12 Jovelian De Koker (Robertson Town), 13 Conan Le Fleur (Vredenburg), 14 Andrin Mepomie (Safcol United), 15 Lorenzo Swart (Caledon)

Replacements: 16 Johannes Geldenhuys (Villagers Worcester), 17 Jashrie Karriem (Robertson Town), 18 Robin Adams (Safcol United), 19 Louis Lotter (Vredenburg), 20 Dihan Van Der Walt (Robertson Town), 21 Jason Beukes (Safcol United), 22 Jurich Claasen (Safcol United), 23 Cubitt Michaels (Villagers Worcester)

Hawies Fourie Invitational Team: 1 Anele Zingitwa (Villagers Worcester), 2 Jacquinn Ruthford (Safcol United), 3 Stephan Fourie (Caledon), 4 Markus De Beer (Young Spurs), 5 Curtley Timm (Robertson Town), 6 Rowan Heneke (Caledon), 7 John Van Der Vent (Saldanha), 8 Benjamin Dwayi (Safcol United), 9 Gilton Mangena (Hillcrest United), 10 Colin Willemse (Robertson Town), 11 Matthew Jacobs (Saldanha), 12 Shane Cole Williams (Newtons), 13 Jenno April (Robertson Town), 14 Renaldo Young (Roses United), 15 Jadrian De Klerk (Villagers Worcester)

Replacements: 16 Abdula-Ouf Gallie (Robertson Town), 17 Clarence Van Wyk (Caledon), 18 Evert Grobbelaar (Ceres), 19 Bradman Grove (Villagers Worcester), 20 Renfred Adams (Darling), 21 Isaiah Davids (Robertson Town), 22 Jacquin Marthinus (Caledon), 23 Rodville Jonkers (Saldanha), 24 Sameul Greyling (Saldanha), 25 Nazeem Wood (Safcol United)

Town vs Villa: ‘n Wedywering wat oor dekades strek

Town vs Villa: ‘n Wedywering wat oor dekades strek

deur Davie Lawrence

Agtergrond


Robertson en Worcester is die grootste dorpe in wat bekend staan in Boland rugby kringe, as die BreëLangeberg (Breedevallei en Langeberg) streek. In hierdie twee dorp roem twee klubs dat hulle die beste, grootste en die rykste geskiedenis het. Dit is ‘n wedywering wat vir dekades al tussen die twee klubs aan kom, hierdie “rivalry” het sy onstaan lank terug in die 1950’s.

Die “Rivalry”

Villagers Worcester is een van die oudste klubs in Suid-Afrika en is in 1883 gestig, die klub roem hom ook as die oudste voorheen benadeelde rugby klubs. Robertson RVK is nie lank daarna gestig in 1917. In die vroeë 1950’s het die twee spanne se “rivalry” in die destydse Barry’s en Sagorbekers begin opvlam. Op daardie stadium het Robertson sy rugby in die SWD gespeel en Villagers het in die Boland gespeel. Hierdie kompetisie was tussen spanne in die Boland en SWD en was n gesogte beker om te wen. Die spanne se “rivalry” het in die 90’s baie ernstig begin word toe hulle saam in die destydse Premierliga teen mekaar begin kompeteer het tot nou in 2024.

Legendes

Die twee klubs het in hul roemryke geskiedenis verskeie nasionale spelers opgelewer. Spelers uit Robertson wat destyds nasionale kleure behaal voor eenwording het sluit in Julian Smith, Doon Davids, Dawie Joseph, Edgar Siljeur en Gibba Davids. Uit die Villagers Worcester geledere het Johnnie Neethling, Isak Neethling, Abe Felix, Charles Januarie, Nolan Grove, Christie Noble, Maurice Hankey en Johan De Koker ook die hoogste sport bereik.

Huidige en voormalige provinsiale spelers na eenwording

Huidige Robertson en Boland Cravenweek afrigter John Booysen het die Boland trui in 1993 net na eenwording oor sy kop getrek, asook die ontslape en legendaries kaptein Allan Williams wat ook paar seisoen terug die Boland u21 hulp afrigter was. Die lys is lank van provinsiale speler wat die span opgelewer met onder andere Jerome Smith, Kevin Williams en Donovan Smith om n paar te noem. Robertson het verlede seisoen ook ‘n provinsiale speler opgelewer met Cheslin Arendse wat vir die Griffons diens gedoen het in die onlangse Currie Beker. Huidige speler met provinsiale onderving is flank Freginald Afrika wat vir die Boland sowel as die SWD Arende uitgedraf het. Juandre Joseph heelagter en Michaine Fick kan ook spog met n paar Boland Kavalier wedstryde agter hulle naam.

Villagers Worcester spog met heelwat spelers wat oor die jar provinsiale kleure verwerf het. Die huidige Boland Visie-President Pat Marran het vir die klub uitgedraf en vandaar Boland kleure verwerf en toe die by Goue Leeus onder die afrigtingskap van oud Kiwi afrigter Laurie Mains diens gedoen. Springbok hulp-afrigter Deon Davids was kaptein van die Villagers Worcester span wat in 2000 aan die nasionale klubkampioenskappe deelgeneem het. Die Voorsitter van Villa John Vergotine dra ook die rekord vir die meeste drieë vir ‘n Boland verteenwoordige span toe hy 7 drieë gedruk het in 1990 teen die destydse WP Raad in n SA Beker wedstryd. Ander voormalige provinsiale rugbyspelers wat die Villagers Worcester trui oor die kop getrek het, sluit onder andere in Denzil Manuel, Dewald Femboes, Sampie Mastriet, Wayne Wildschut, Sammy Horne, Aubray Satera en Steven Nkoko asook Henly du Plessis wat die Boland Kavaliers aangevoer het.


Huidige spelers sluit in die Wehr broers (Gurshwin en Wendall), Gurshwin Wehr wat vir die Griffons gespeel het in die Currie Cup gespeel asook vir die Blitzbokke diens gedoen het en nou die Griekwas kontrakteur is. Sy broer Wendall was ook by die Griekwas en is tans in die Villagers span vir die finaal. Lundi Msenge (Pumas) is nog n speler wat tans provinsiaal speel, wat uit die Villagers Worcester stal kom.

Suksesse
Villagers Worcester is ‘n viermalige Boland Kampioen en was ook die eerste voorheen benadeelde klub uit die Boland wat in die nasionale klubkampioen kon deelneem. Villagers Worcester se laaste Boland title was in 2018 toe hy Roses United met 36-29 geklop het. Robertson roem daarop dat hy die enige span in die Boland is wat, ‘n kampioen in twee verskillende unies was. Town was die SWD kampioen voordat die rugbygrense geskuif was en hy in Boland kon meeding. Robertson het egter nognet eenkeer die Boland kampioenskap gewen, dit was in 2007 nadat die span in 2005 uit die Premierliga relegeer was en terug gekom het in 2007 en die toe die toernooi gewen het. Die naaste wat die span sedertdien gekom het,aan die beker was verlede jaar toe hy in die finaal teen Safcol verloor het.

Laaste 5 kragmetings

  • 2022 Villagers Worcester 41-30 Robertson Town
  • 2023 Villagers Worcester 15-38 Robertson Town
  • 2023 Robertson Town 37-31 Villagers Worcester
  • 2024 Robertson Town 31-17 Villagers Worcester
  • 2024 Villagers Worcester 6-6 Robertson Town


Gemiddelde tellings in laaste 5 wedstryde: Robertson 29-22 Villagers Worcester.

Kry jou kaartjies vir Saterdag, 23 November se finale, hier

SEMI-FINAAL DAG in Wellington

SEMI-FINAAL DAG in Wellington

Aan almal wat die Semi-Finale op Boland Rugby Stadion wil bywoon op Saterdag, 16 November, hiermee ‘n belangrike kennisgewing:

  • Geen persoon bo die ouderdom van 12 jaar oud sal toegang gegee word met n Kinderkaartjie van onder 12 nie. Jy sal jou kaartjie self moet verkoop of dit verbeur. Jy sal dan n nuwe volwasse kaartjie van R50 moet koop. Geen uitsonderings.
  • Kaartjies kan gekoop word by www.bolandrugby.co.za/tickets
  • Geen drank en coolerboxes gaan toegelaat word in by die stadion nie.

Links na al die games:
B – Veld

09H00 – Klipdrift vs Ocean United

10H50 –Young Warriors vs Dennegeur

12H40 – Tulbagh vs McGregor

A – Veld
09:30 Walker Bay vs Young Good Hopes

11:00 Villagers Newton vs Touwpark

13:00 Agulhas Giants vs Central Wolves

14:30 Caledon vs Robertson

16:30 Safcol vs Villagers Worcester

SuperSport Schools Link

Walker Bay vs Worcester Warriors

Villagers Newton vs Touwpark

Agulhas Giants vs Central Wolves

Caledon vs Robertson

Safcol vs Villagers Worcester

Yster slyp yster, vier ysters pak mekaar in Wellington

Yster slyp yster, vier ysters pak mekaar in Wellington

deur Davie Lawrence

Die vier beste in vanjaar se Sanlam Boland Top 12 spook op 16 November sake uit in Wellington vir ‘n plek in die finaal.

Die spanne is paraat en die publiek wag in spanning en hulle gaan in hul duisende optrek by die Sanlam Boland Stadium. Benewens hierdie semi-finale is daar ook van vroeg dag af klomp aksie met die Super16, Super10, en Super8 spanne wat ook gaan meeding vir hul plekke in die onderskei finale volgende week.

In ons vroeë afskop om 14h30 pak Caledon vir verlede jaar se naaswenners, Robertson in die eerste Sanlam Boland Top 12 semi-finaal. Caledon was die wenners van groep A, terwyl Robertson tweede was in Groep B die rondomtalie wedstryde afgesluit het.

“Ons is slagsgereed vir die game Saterdag, die manne weet presies wat van hulle verwag word en hulle sal die plan moet gaan uitvoer,” het Caledon se hoofafrigter, Herschelle van Aswegen laat hoor. “Ook bygesê die span vir die semi-finaal kon laas week lekker rus en is honger om die gemeenskap te gaan trots maak.”

Uitklop wedstryde vir hierdie bulspanne is nie iets nuut nie en hulle weet wat dit vat om semi-finale te wen, albei het deurgedring na die finale in hul laaste semi-finaal verskynings. Verlede jaar het Robertson vir Roses United 32-30 geklop, terwyl Caledon in 2019 vir Darling 42-35 geklop het. Dit sal die naweek die twee spanne se eerste keer wees dat hulle met mekaar swaarde sal kruis.

Vir Robertson Town en sy 1.8 miljoen ondersteuners was verlede naweek se naelskrap oorwinning oor Safcol United iets wat nie op ‘n meer gepaste tyd kon gebeur het nie. Hoof yster van die coaches by Town, John Booysen is van mening dat hierdie keer dinge in plek val vir Town en dat die lot in hulle eie hande is.

“Robertson Town is positief vir die semi-finaal van die Sanlam Boland Top 12,” het Booysen gesê. “Dit is kompleet ‘n gevoel van dit is ons beurt. Ongeag die onsekerheid rondom die drie bloukaarte, bly ons steeds positief dat ons genoeg skietgoed sal hê om Caledon die hoof te bied. Robertson sal Saterdag leeg wees soos die 1.8 miljoen die tog na Wellington sal aandurf. We Care for White and the Blue.”

Die verdedigende kampioen Safcol sal om 16h30 koppe stamp met Villagers Worcester in ‘n wedstryd wat beloof om vir baie opwinding te sorg. Dit sal ook die eerste keer wees dat hierdie twee reuse mekaar die stryd gaan aan sê.

“Gisteraand [Dinsdag aand] goeie sessie gehad, vannaand die harde een, maar totdusvêr baie goed,” het Brendon Cloete, hoof afrigter van Safcol gesê. “Behalwe die 50/50 nou maar sal van vannaand beslis weet, wat gaan vir wat.”

Villagers Worcester is ‘n viermalige kampioen en het nog net een keer in ‘n semi-finaal op Boland Stadium vasgeval. Op sy beurt het Safcol vriend en vyand verras, toe hy verlede seisoen die Sanlam Boland Top 12 titel ingepalm in sy eerste verskyning in die roemryke kompetisie.

Alridge Mecuur, hoof afrigter by Villa het nog ‘n paar boksies op af te merk alvorens sy span heeltemal wedstryd gereed sal wees.

“Voorbereiding vorder goed net 2 beserings wat ons hoop gaan reg wees,” het Mercuur vertel. “Die fisio werk hard daaraan. Die mental session het ook goed gegaan gisteraand [Dinsdag aand]. Ja ons het nie gedink ons gaan nou al in die semifinal wees nie maar ons is nou daar en ek is baie opgewonde vir die groep en vir die uitdaging saterdag. Ons soek die W [wen].”

Die tafel is gedek vir ‘n groot dag van rugby, rugbyliefhebbers kan kom aan tafel sit, en geniet wat opgedis gaan word.

Semi-Finaal Dag op Sanlam Boland Stadium

Semi-Finaal Dag op Sanlam Boland Stadium

deur Davie Lawrence

Saterdag 16 November 2024 is amptelik Semi-Finaal Dag. Maar dit is nie net enige semi-finaal dag nie, dit is die Semi-finaal dag in die gaanse Boland Rugby Unie.

Hierdie skouspel is die grootste sosiale gebeurtenis op die elke klub rugby liefhebber in die Boland en sommige Kaapenaars se plaaslike kalender. Dit is die dag wanneer die 16 beste spanne in hul onderskeie ligas na meer as 8 maande se rugby, uiteindelik Rome binnevaar, soos in die ou dae toe die mense die Colesseum toegesak het om die Gladiators in aksie te sien.

Die Sanlam Boland Top 12 semi-finale sal die laaste twee wedstryd van die dag wees en dit is waarvoor die duisende toeskouers na uit sien, maar die wedstryde in die ander ligas Super16, Super10, en die Super 8 sal van vroeg dag af vir baie opwinding, aksie, en mooi driee verseker. Hierdie wedstryde het ‘n lewe van sy eie en verleen kleur aan hierdie roemryke dag.

Hordes toeskouer sal van oral uit die Boland en Wes-Kaap op Wellington toe sak om die Boland se bestes in aksie te sien. Gesinne gaan gepak, geklee, en gereed wees wanneer hulle optrek by die Sanlam Boland Stadium. Die viennas, mincebolletjies, en soet goedtjies word al Vrydagaand ingepak deur mammie, want Saterdagoggend wil pappa nie nog wag nie. Pappa wil die hele gesin vroeg by die veld kry en verseker dat almal ‘n goeie plekkie inneem.

Die Semi-Finaal dag gaan daarem ook nie net oor rugby nie, sommige ou rugbyvriende kom weer in aanraaking met mekaar, na jare, die bekende en minder bekende banters-legendes kom byeen vir hulle jaarlikse nie-amptelik ontmoeting en natuurlik ‘n gesellige kuiertjie na die eindfluitjies geblaas het.

Heeljaar word daar gespaar en beplan vir die regte outfit, want 16 November is nie net ‘n semi-finaal dag nie, hierdie is ons eie glansparade ala die Durban July of selfs die Paris Fashion Week, vir die skonergeslag, sommige sal en gaan moontlik heeldag paradeer langs die pawiljoen in hul nuwe gewaad.

Die jongmanne se fade is in en baie sal netjies opgedis, en dan is daar van die volk wat sal soos ‘n Boland keurder deur hul groot donkerbrille na die aksie loer.

Semi-Finaal dag, is nie net’n Semi-finaal dag nie. Dit is Semi-Finaal dag in die Boland – Dit is Vir Ons Plek!

Kaartjies vir Saterdag se Semi-Finaal Dag is beskikbaar hier.

Davie se Sanlam Confident Voorskou – Week 5

Davie se Sanlam Confident Voorskou – Week 5

deur Davie Lawrence

Nes Sanlam jou die gemoedsrus gee vir ‘n confident toekoms, hier is my se uitleg van wat alles hierdie naweek kan gebeur. Alle wedstryde behalwe een skop 17:00 af, wat beteken dat die opbou na die laaste eindfluitjie van die week se wedstryde baie meer opwindend sal wees.

Die Sanlam Boland Top 12 is geseënd met talentvolle, confident, connected, vinnige, en spoggerige rugby. Watter amateur toernooi in die wêreld kan met vertroue sê dat in die laaste rondomtalie wedstryde dat daar nog wiskundige tot op helfte van die spanne in die hele kompetisie kan kwalifiseer vir die halfeindrondte?

Groep A

Caledon

  • Alreeds gekwalifiseer vir semi-finaal

Villagers Worcester

  • Oorwinning oor Eagles sal genoeg wees om te kwalifiseer.

Vredenburg

  • Vredenburg moet vir Newton wen en hoop Eagles klop vir Villagers Worcester, maar dan mag Villa nie n bonuspunt kry nie indien Villa n bonus kry moet Vredenbrug n bonuspunt oorwinning behaal oor Newtons.

Newtons

  • Newtons moet vir Vredenburg klop en hoop, Villagers Worcester verloor teen Eagles, indien Villa meer as een ligapunt uit die wedstryd gaan Newtons vyf punte moet kry teen Vredenburg en met ten minste 10 punte wen.

Abbotsdale en Eagles kan nie meer kwalifiseer

Groep B

Safcol

  • Safcol het alreeds kwalifiseer vir die semi-finaal.

Robertson

  • ‘n Sege oor Safcol sal hom laat kwalifiseer

Saldanha

  • Moet vir Darling klop en hoop Robertson verloor teen Safcol en kry geen ligapunte.
  • Indien Robertson een of meer ligapunte uit n verloor twen Safcol kry, gaan Saldanha n bonuswen moet kry oor kry oor Darling met meer as 10 punteverskil.

Darling

  • Moet Saldanha met n bonuspunt klop en hoop Robertson kry geen punte teen Safcol, hierdie oorwinning oor Saldanha gaan met n baie groot punteverskil moet kom meer as 80 punte ten minste.

Young Spurs en Ceres kan nie meer kwalifiseer.

Die naweek se bepalings:

Under Construction


This website is currently being updated, though it remains functional. Some elements, information, and pages may be missing temporarily. For news and updates not yet available on the website, please email media@bolandrugby.com

This will close in 20 seconds