Deur Ashley Lotz

Die hope talent wat in die Boland Rugby Unie gevind kan word, rou talent wat die veld aan die brand speel en het gespeel het. Baie van die spelers word vergete of stap weg vanaf rugby en hulle kennis is verlore vir baie.

Dit is hoekom spelers soos Wesbank legende en voormalige Springbokspeler, McNeil Hendricks, so baie hoop vir die Boland Rugby Unie het.

“Gebore en getoë in Malmesbury, het ek as jong seun my liefde vir rugby ontwikkel en uitgeleef deur my maats in die straat waar ek groot geword het, skoolvriende, onderwysers, afrigters, en dan my  my breë familie,” vertel Hendricks. “Die Hendricks familie is baie bekend in die Swartland en Weskusstreek vir hul rugbytalent. My ooms en neef was my inspirasie en rolmodelle as kind. Ek het op laer -en hoërskool uitgestaan as speler en het die oog van die keurders gevang. Hierna was ek opgeneem in  verteenwoordigende spanne. Na my hoërskool loopbaan begin ek aan klubrugby deelneem.”

Hendricks het vir vele top klubrugby spanne gespeel, onderandere Hamilton SP in die Westelike Provinsie Superliga kompetisie, maar dit is by sy tuisklub, Wesbank, waar die spoedvrat homself gevestig het, nie net as speler nie maar as tegniese raadgewer en afrigter. Hy hiernaas vir meer as ‘n dekade professionele rugby sy loopbaan gemaak.

“Ek het vir Wesbank se eerste span vir agt jaar uitgedraf en seker ook hier van my beste jare gehad. Ek word op klubvlak op ‘n jong ouderdom raakgesien en tussen die tydperk 1994 – 2004 speel ek professionele rugby vir die Boland, WP, Blou Bulle, en Vrystaat unies.

“Die hoogtepunt van my rugby loopbaan was toe ek opgeneem was in die Springbokspan. Die harde werk en ondersteuning wat ek van almal langs die pad ontvang het,het my nuwe hoogtes ingestuur.”

Macky, soos hy bekend staan onder sy vriende en geliefdes, het met sy voete plat op die grond by staan. Na sy rugby loopbaan het hy terug gekeer na die klub van sy kinderdae. Hy het ook in die tyd sy debuut as akteur gemaak, in die wêreld beroemde film, Invictus.

“Na my rugbyloopbaan het ek my toegspits om terug te ploeg in klubrugby by wyse van afrigting. Ek het vir vier jaar by my geliefde en huidige klub Wesbank RVK afgerig en ook as tegniese adviseur gedien. Ek het ook al ‘n draai in die filmbefryf gemaak toe ek die rol van die oorlede rugbyster en vriend, Chester Williams in die trefferfliek Invictus vertolk het. Wat ‘n groot eer.”

Wesbank is tweede op die Poel B punteleer na drie wedstryde, en slegs drie punte agter die voorloopers, Safcol United. Hendricks is confident die span van Wesbank het meer as genoeg skietgoed om die finaal te haal. Hy lewer insae oor hoe hy dink die Boland Rugby Unie gaan vaar in die volgende seisoene. ‘n Ware local legende, McNeil ‘Macky’ Hendricks.

“Wesbank RVK se kanse in die Sanlam Boland Top 12 glo ek dat indien ons die regte kombinasies van spelers gaan saamvoeg, is ons beslis in die finaal. Ek voel Boland Rugby Unie is besig om weer ‘n krag te word in SA rugby en skep deur die verkryging van groot borge, beter geleenthede, en platforms vir jong spelers om hul talente ten toon te stel.”