Deur Kenton Kiewiets | Foto: Verskaf
Hilton Seroot, wat gebore en getoe in Ceres, was ‘n leerder aan Mooi-Uitsig Primêr en Bella Vista Primêr Skool. Daarna het hy gematrikuleer aan Ceres Sekondêre Skool. Hy was ‘n kranige rugby en krieket speler op skool.
Hy het professioneel rugby gespeel vanaf 1999 tot 2006, waar hy vir Boland en die Goue Leeus uitgedraf het.
Seroot het toe hy nog op hoërskool, op ouderdom 17 in 1995, sy buiging vir Bella Vista Rugby Klub gemaak. In sy eerste wedstryd speel hy op eendag vir die derde, tweede en eerstespan.
“Daar is te veel vriende om op te noem saam wie ek saamgespeel het,” het Seroot vertel. “Vandag is daar nog vriende met wie ek werk as afrigters. Name soos Divan Paulse, Louis Thys, Jonathan James Fredericks, en Warren Petersen. Die is van die manne met wie ek nou saamwerk.”
In die jaar 2008, het Seroot kookwater rugby gespeel, maar moes dit egter opgee. Hy het verder gaan studeer om ‘n meganiese elektriese ingenieur te bekom. Hy het daardie jaar tot die slotsom gekom dat lewe na rugby netso belangrik is en moes die moeilike besluit maak.
Hy ag homself bevoorreg om Ceres RVK af te rig wat deurgedring het tot die Top 8 kompetise in 2015. Hy was ook betrokke by die afrigtingspan van Bella Vista Rugby Klub wat deurgedring het tot die finaal van die Boland Top 12 kompetisie in 2022.
Huidiglik is Seroot steeds deel van die Bella Vista afrigtingspan. Behalwe vir sy afrigtingshulp vir Ceres RVK in 2015 en Bella Vista Rugby Klub in 2022-2023, het hy self gehelp met afrigting by ‘n laerskool.
Seroot voel baie trots en positief oor die Sanlam Boland Top12 kompetisie.
“Bella Vista het ‘n goeie seisoen sover beleef en ons kan net voortbou om ons doelwitte te bereik,” het Seroot verder vertel. “Die korttermyn om semi-finaal te haal is een van dit. Hierdie keer sal ons die finale hekkie ook oor klim deur die oorwinnaars weg te stap. Met goeie voorbereiding glo ek ons het ‘n goeie kans om ons doelwitte te bereik.”
‘n Paar oomblikke en hoogtes wat vir Hilton Seroot in sy rugbyloopbaan uitstaan:
- Boland Kavaliers (1999-2001 & 2004-2006)
- Goue Leeus (2001-2003)
- SA 7’s (2001)
- Club Champs (2002)