Back to back Currie Cup 1st Division Champions (2023 & 2024)

THE HOUSE OF BOLAND RUGBY

TOGETHER WE STAND

PLAY AND LIVE WITH CONFIDENCE

INSPIRED BY OUR HISTORY

BOLAND DAMES

Deur Davie Lawrence

Die tweede rondte van die Sanlam Boland Top12 het beslis die tafel gedek vir ‘n opwindende en geskiedkundige dag van Suid-Afrikaanse rugby. Die dag was soos belowe propvol drama, intrige, en opwinding waar ‘n paar spanne die pasangee begin aangee in die aanloop tot die semi-finale.

Die kampioen Saldanhabaai het sy tweede agtereenvolgende wedstryd verloor, toe hy 38-41 geklop was deur Darling op Saldanha. Die kampioen het goed terug geveg van 0-34 agter af, maar kon nie die knoop teen die einde deurhaak nie. Saldanha gaan nou al sy oorblywende wedstryde moet wen en hoop ander uitslae gaan sy kant, indien hy sy titel wil verdedig. Op Clanwilliam was dit eenrigting verkeer, toe die besoekers Safcol United van Grabouw die tuisspan Delicious NW met 27-56 bloedneus gegee het. 

Die besoekers het ses drieë ingeryg en met dit hul eerste bonus punt wen opgetel het in ‘n wedstryd wat in sterk kontras met verlede week se reënerige toestande gespeel. Die sege beteken Safcol is nou in die eerste posisie op die Poel B punteleer. Wesbank het sy eerste oorwinning in vanjaar se Sanlam Boland Top12 behaal, toe hy op sy tuisveld – in Malmesbury – vir Mamre met 34-23 verslaan het. Dit was Mamre se tweede verloor, die Weskus kampioen vind dinge moeilik en het nog geen ligapunte om te wys nie.

Robertson Town het sy sege verlede naweek opgevolg met ‘n tweede indrukwekkende oorwinning toe hulle Roses United op Wellington met 32-30 naelskrao gewen het. Die besoekers kan heel moontlik as een van die toernooi gunstelinge nou beskou word.

Op Worcester het Young Hamiltons ook n paar mense laat regop sit toe hulle die hoog aangeskrewe Bella Vista met 26-17 verslaan het en in die proses gewys hulle bedoel besigheid. Eagles van Vanrhynsdorp het dinge moeilik gevind op Hawston en het vasgeval, 34-17. Daardie oorwinning het nou verseker dat Hawston die boonste positive beklee in Poel A.

Die drama en intensiteit duur volgende week voort en dit beloof om vir baie vuurwerke te sorg, met n paar spanne wat veg vir oorlewing.

Die Sanlam Boland Top12 – Vir Ons Plek. Alle wedstryde word regstreek uitgesaai op www.bolandrugby.co.za